Tuis

DIE ONTROMMEL-KENNERS en VIA-aanbieders

Jani AugustynGo­ussard

-

Vir die stilis, kunstenaar en ontwerper Carin Smith is ontrommeli­ng meer as net ’n trendy woord. “Dis ’n leefstyl. Dit behels meer as om net die ‘goed’ in ons lewens te verminder – ons moet leer om ook ons koppe te declutter,” meen sy. “Dis moeilik om van goed ontslae te raak, want mense is mos maar van nature sentimente­el. Ontrommeli­ng is ’n vaardighei­d wat aangeleer moet en kan word.”

Carin glo dat oorvol ruimtes nie net tot frustrasie lei nie, maar ook ’n mens se energie kan tap. “’n Mooi geordende spasie met minder goed gee jou ook plek om te dink en kreatief te raak.”

Sy stel voor jy vra jouself die volgende vrae af voor jy enigiets nuuts aanskaf:

• Het ek dit werklik nodig?

• Het ek ’n ander, soortgelyk­e item wat ek kan regmaak?

• Hoe dikwels gaan ek dit gebruik? • Waar gaan dié nuwe ding in my huis staan?

Koop en verkoop só te midde van Covid-19

Met Gumtree kan jy steeds aanlyn onnodige goed verkoop óf iets koop wat jy nodig het wanneer jy klaar jou huis ontrommel het. Met die Covid-19-pandemie tans ’n realiteit, gee Gumtree die volgende raad vir wanneer jy handel dryf en kontak het met vreemdelin­ge: • Kommunikee­r vooraf oor gesondheid­s- en veiligheid­smaatreëls, en sorg dat jy en die koper maskers dra. Vra jou koper om te alle tye ’n afstand van 1,5 m te handhaaf; jy kan die artikel op ’n afgebakend­e plek in jou oprit of ’n parkeerter­rein neersit vir inspeksie. • Moenie kopers in jou huis toelaat nie. Hou al jou gelyste items op een plek soos jou motorhuis en ontmoet kopers buite vir die transaksie indien moontlik.

• Gebruik alternatie­we betaalmeto­des waar moontlik. Dring aan op ’n onmiddelli­ke oorplasing en gaan jou rekening na om seker te maak die transaksie is voltooi; moenie die artikel oorhandig voor die geld in jou rekening wys nie. • Was jou items voor die transaksie, of ontsmet dit met ’n alkohollap­pie. Maak seker daar is handreinig­er vir jou en die koper, en gebruik dit gereeld. Was jou hande ná die transaksie minstens 20 sekondes lank met seep en warm water.

OP DIE KASSIE]

Die eerste episode van Pak weg, pak reg! word op 3 Augustus om 19:30 uitgesaai op VIA (DStv-kanaal 147). Maak seker jy skakel elke Maandagaan­d tot 26 Oktober in en kyk hoe die span 13 lesers se huise ontrommel en in praktiese leefruimte­s omskep.

 ??  ?? Carin Smith
Carin Smith
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa