Tuis

Vra die kenners

Kort jy hulp met jou voorportaa­l se mooimaak, of wil jy dalk ’n kaggel verf? Vra net – ons kry die antwoorde.

-

2 3 1 1 KONSTRUKSI­E

As julle nie die ingeboude plantbak gebruik nie, breek dit uit en sit die boekrak op die vloer. Die oppervlak is klein genoeg dat die vloer ook maklik vernuwe kan word met ’n sementafvl­aklaag of pragtige terrazzo-teëls.

Omdat dit ’n redelik lang, smal area is, stel ek voor dat julle al die mure en die plafon wit verf. Die afgewitte steenmuur sal baie mooi lyk in ’n sagte mentgroen skakering; dit sal steeds die tekstuur wys, maar nie so besig wees nie. Dis die eerste ding wat jy met die intrapslag sien en kan gerus in ’n fokuspunt omskep word.

Die voordeur en muur daarrondom kan ook aandag trek met ’n leksel verf. Oorweeg die mentgroen hier op die onderste derde van die muur en verf die boonste deel ’n vuilpienk.

Verf die voordeur en sy kosyn in dieselfde pienk en oorweeg dit om dieselfde kleur op die binnedeur wat uit die portaal lei, te herhaal.

Aangesien groenighei­d hier floreer, hang gerus nog plante van die plafon en teen die mure.

Vervang die muurlig met een in ’n meer kontemporê­re ontwerp en hang ’n groot spieël in die middel van die mentgroen muur.

Sorg dat die boeke in die boekrak netjies gepak is; ’n goeie idee is om jou boeke volgens die kleur op hul rugkante te rangskik.

Voltooi die prentjie met ’n mat op die vloer.

shellyberg­h.com

 ??  ?? Tuis-medewerker, 2 VERF 3 STILERING
KONTAK
Tuis-medewerker, 2 VERF 3 STILERING KONTAK
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa