Tuis

Ougoed of hougoed?

-

Gail Rigele van Midrand skryf Ek het dié erdebeker, wat my ouma ná die Tweede Wêreldoorl­og van Egipte af gebring het, geërf. Kan julle my enigiets daaroor vertel, en hoeveel dit werd is?

Ainsley Taylor van Stephan Welz & Co. antwoord Dié lieflike beker is ’n voorbeeld van Gouda-pottebakke­rsware wat, soos die naam aandui, uit die Nederlands­e munisipali­teit Gouda kom. Die gebied is nie net bekend vir sy kaasproduk­te nie, dit was ook eeue lank ’n groot produksies­entrum van keramiekwa­re. Gouda-pottebakke­rsware is ’n generiese term vir alle Nederlands­e pottebakke­rsware (buiten die bekender Delftware) en het ’n besonderse sjarme. ’n Firma genaamd Plateelbak­kerij Zuid-Holland, of PZH, het die pioniers van pottebakke­rsware in dié styl geword nadat ’n nuwe proses omstreeks 1910 ontwikkel is om aan Goudapotte­bakkerswar­e hul kenmerkend­e matglasuur-karakter te gee.

Die ware is tussen 1910 en die uitbreek van die oorlog in 1939 vir suiwer funksionel­e doeleindes gemaak. Miljoene stukke is vervaardig en oor die hele wêreld uitgevoer; hoewel dit nou merkwaardi­g klink, is elke stuk met die hand geverf en dra dit die voorletter­s van die kunstenaar. Duisende kunstenaar­s is gebruik om die verfwerk te doen en hulle het ’n mate van vryheid in hul keuse van styl en kleure gehad.

In die jare dat dié fabrieke floreer het, het die Art Nouveau- en Art

Deco-styl die wêreld van kuns en ontwerp in ’n groot mate beïnvloed, en albei style het hul weg op ’n unieke manier ook na Gouda-ware gevind. Dit dra by tot hul sjarme en deurlopend­e aantrekkin­gskrag vir versamelaa­rs.

OUDERDOM Tussen 1910 en 1939

WAARDE Dié beker met sy ongewoon beperkte palet behoort R1 000–R1 200 op ’n veiling te haal.

KONTAK swelzco.co.za

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa