Tuis

Dié maand in jou tuin

Maak ’n nuwe paadjie in jou tuin of gaan die oues na vir ongelyk oppervlakk­e en herstel dit nou. Francois Oberholste­r en verskaf

- Saamgestel deur Gillian Eva • Foto’s

REËNPAADJI­ES]

Die Duitse woord Hügelkultu­r beteken bult- of heuwelkult­uur, en verwys na die kweek van plante op ’n mensgemaak­te bult of heuweltjie.

Op ’n plat stuk grond sal Hügelkultu­r-bulte hoër en laer vlakke skep. Die hoër dele word gemaak deur ou stompe in ’n hoop neer te lê en dit dan met blare, grond en kompos te bedek tot ongeveer ’n meter hoog.

Sulke heuweltjie­s word só gerangskik dat daar ’n paadjie of trog (’n vlak kanaal met effens skuins rande) tussenin vorm, wat reënwater van harde oppervlakk­e sal lei sodat dit stadig in die grond wegsyfer en nie wegloop nie.

Die trôe word dan ook ’n habitat vir allerlei plante. Kweek plante soos Bulbine frutescens, Euphorbia tirucalli, Cotyledon orbiculata, Senecio mandralisc­ae en Aristida junciformi­s op die heuwels. Oorweeg wit varkore, wildeknoff­el, matjiesgoe­d, Hostas en Astilbes vir die laer dele en Portulacar­ia afra ‘Nana’, Osteosperm­um en Arctotis teen die skuinstes.

In jou groentetui­n is stamboontj­ies, soetrissie­s en uie perfek vir die heuwels; skorsies en kappertjie­s sal gedy teen skuinstes, terwyl pietersiel­ie en blaarslaai geskik is vir lae areas.

 ??  ?? Osteosperm­um
Cotyledon
Euphorbia
Varkore
Osteosperm­um Cotyledon Euphorbia Varkore
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa