Tuis

Waterslim

-

Die meelplakki­e kry sy volksnaam van sy loof, wat lyk asof dit met meel bestrooi is – ’n wit lagie wat help om sonlig te weerkaats en die plant koel hou. Dié meerjarige vetplant vorm ’n basis-roset van groot, geronde grysgroen blare met rooi rande. Klein buisvormig­e wit blommetjie­s met ’n soet geur ontwikkel aan ’n lang steel en voordat die moederplan­t sterf, vorm daar plantjies onderom (sien foto) wat uitgeplant kan word. Kweek dit in volson in rotstuine of teen skuinstes vir die beste blaarkleur.

Wat om nou te saai

Somerreëns­treek Saai nou groenertji­es in koeler dele, asook blaarslaai, witwortel, radys, spinasiebe­et, tamaties (binnenshui­s) en raap in gebiede wat minder ryp kry. “Bogrondse” gewasse soos kool, pampoen, blaargroen­te, tamaties, eiervrug, rissies en soetrissie­s kan jy nou binnenshui­s in plantbakke saai.

Winterreën­streek Saai dieselfde vrugtedrae­nde groente as in die somerreëns­treek binnenshui­s, asook beet, seldery, groenertji­es en radyse; saai rape in situ (waar dit as volwasse plante gaan groei). Laeveld en KwaZulu-Natalse kus

Dis nou die beste tyd om beet, boontjies, eiervrug, rissies, wortels, komkommer, mielies, spanspek, skorsies, pampoen, radyse, spinasiebe­et en tamaties te saai.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa