Tuis

Kweek jou eie!

81

-

Groentetui­ne verloor stoom in Julie, wat jou genoeg tyd gee om jou lente- en somer-oes te beplan en gereed te kry. Begin die einde van die maand deur saad vir somergewas­se in warm, beheerde toestande binnenshui­s in bakke of potte te saai. Jou saailinge sal teen die einde van September gereed wees vir uitplant.

Huisplant van die maand

Marion de Waal van Germiston skryf

Ons klassifise­er ‘My Granny’ as grondbedek­ker-rose: laaggroeie­nde, spreidende struike met geboë stele wat trosse blomme dra. Die maklikste manier om enige roos wat só groei (die ander ‘Granny’-rose, die Sunsation-reeks, ‘Flower Carpet’, ‘Adele Searll’ en ‘Fairy’-rose) ’n goeie snoei te gee, is om van (of al) die twee jaar oue hout met ’n snoeiskêr te verwyder.

Trek al die blare (of soveel moontlik van hulle) af, want dit kan plae en siektes huisves. Dis ook belangrik om die grond ná ’n snoei te verryk as jy wil seker maak die rose vaar goed in die komende seisoen. Omdat die takke so wyd groei, is dit selfs ná die snoei moeilik om die grond om te spit. ’n Makliker manier is om kompos en Vigorosa oor die area te strooi en gate in die grond te steek met ’n vurk. Só val die kompos in die gate wat die vurk gemaak het; dit belug die grond en verbeter waterhouve­rmoë op wortelvlak. Maak agterna goed nat. In die meeste streke is middel Julie tot vroeg Augustus die beste tyd om te snoei (wag tot later in uiters koue areas).

KONTAK ludwigsros­es.co.za

Lavandula stoechas is ’n lenteblomm­ende laventel met aromatiese loof wat lieflike geur en kleur in jou huis sal bring. Dit blom oorvloedig, met skutblare wat soos hasie-ore of die oop vlerke van ’n skoenlappe­r lyk, bo-op elke blom. In die huis vra dit helder lig en kan dit ’n bietjie oggendson hanteer. Laat die grond effens uitdroog voor jy weer natmaak. Sny dooie blomme af om meer blomvormin­g aan te moedig. In warm, helder toestande (soos ’n stoep of leefarea) sal dit tot drie maande lank blom. Ná die blomtyd kan jy dit liggies snoei en in die tuin uitplant in volson en goed gedreineer­de grond.

KONTAK plantimex.co.za

Luister Saterdae om 07:30 na JJ se Groen Vingers-tuingesels­ies met Derrich Gardner in sy program Brêkfis met Derrich.

 ??  ?? Koolsaaili­nge
Koolsaaili­nge
 ??  ?? Ek het ’n randakker met ‘My Granny’-rose. Moet ek dit snoei, en hoe doen ek dit?
Ludwig antwoord ‘My Granny’
Gooi kompos rondom rose.
Ek het ’n randakker met ‘My Granny’-rose. Moet ek dit snoei, en hoe doen ek dit? Ludwig antwoord ‘My Granny’ Gooi kompos rondom rose.
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa