ALLES-IN-EEN
All Sorts of One-Dish Wonders deur Chantal Lascaris (R240, penguinrandomhouse.co.za) wys hoe opwindend eenpotgeregte kan wees met resepte vir meer as net jou alledaagse staatmakerbredie vir ’n weeksaand. Chantal deel amper 80 geregte – ontbyt en nagereg inkluis – wat eenvoudig is om te berei, min moeite verg en altyd smullekker is! Ons kan nie wag om die tuna Niçoise (sien foto) te proe nie ...