Tuis

LIPLEKKER HOENDER!

Proe die gehalte en varsheid van Grain Field Chickens so reg van die plaas – probeer dié heerlike resep ...

-

HEUNINGMOS­TERDBOUDJI­ES

Hierdie souserige hoenderpor­sies is eenvoudig en maklik om te berei; die oond doen al die werk en jul ete is in ’n japtrap op die tafel!

Genoeg vir 6 • Bereidings­tyd: 10 minute Gaarmaakty­d: 40 minute Oondtemper­atuur: 180 °C

• 12 Grain Field Chickens-hoenderbou­djies SOUS

• 15ml loperige heuning

• 15ml Dijonmoste­rd

• 15ml korrelmost­erd

• 15ml tamatiesou­s

• ’n groot knyp elk borrie en rissiepoei­er • 10ml olyfolie

• sout en peper na smaak 1 Voorverhit die oond. Meng die heuning, mosterd, tamatiesou­s, borrie, rissiepoei­er en olie goed.

2 Neem ’n skerp mes en maak twee diep insnydings in elke boudjie – dit sal die geure help intrek en die gaarmaakty­d verkort.

3 Giet die sous oor die hoender en vryf dit by die insnydings in. Plaas dan die boudjies in ’n oondpan en geur met die sout en peper. As jy wil, kan jy ook ’n paar suurlemoen­skywe in die pan sit. Bak vir 40 minute tot die hoender goudbruin en deurgaar is. Strooi vars kruie oor en sit voor met blomkoolry­s en jou gunsteling­groente.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa