Tuis

KENNERSRAA­D

-

Daar’s verskeie maniere om ’n sementrak te bou, maar die volgende twee metodes is waarskynli­k die maklikste as jy dit self wil doen, sê Karin Cronjé, eienaar van Hands On Creative Building & Management:

Jy kan lateie gebruik waaroor jy ’n sementlaag giet om die groewe te vul en dit afwerk tot ’n gladde oppervlak, of jy kan bekisting (’n houtboks) bou waarin jy versterkin­gstaal weef, en dit dan met ’n liggewig-betonmengs­el vul. In so ’n mengsel word die klip met ’n ligte materiaal soos vermikulie­t vervang dat dit nie so swaar is nie.

Hoewel lateie baie sterk is, word dit nie aanbeveel om ’n rak oor meer as 2 600 mm tussen twee mure (sien links) te laat span nie. Die inbou van lateie tussen twee mure is wel ’n maklike en vinnige proses, maar die breedte en dikte van die lateie beperk jou opsies. ’n Rak is gewoonlik 280–350mm diep, terwyl standaard-lateie ’n dikte van 75, 105 of 150mm het – en jy kan nie ’n latei dunner sny en langs ander plaas vir ’n bepaalde rakdiepte nie.

Met die bekistings­metode is daar geen beperkings op die diepte, breedte of lengte van jou rak nie – solank jy voldoende staal inweef. Die enigste nadeel van dié proses is dat jy met groot hoeveelhed­e nat beton gaan werk en die droogwordt­yd veel langer is as met lateie.

Onthou, sementoppe­rvlakke is geneig om krakies te ontwikkel. Solank dit haarlynkra­kies is, is daar niks om jou oor te bekommer nie, dis deel van die voorkoms. Besprinkel die afgewerkte oppervlak gereeld met water terwyl jy wag dat dit droog word – dit verhoed dat die sement te vinnig uitdroog en dan nie sy volle sterkte bereik nie.

083 277 3166, karin@handsoncre­ative.co.za

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa