Tuis

PAK WEG, PAK REG!

-

Tuis se ontrommel-kompetisie in vennootska­p met Gumtree beloof groot opwinding. Hier is ons top-3 inskrywing­s, wie se huise ons met die ontrommel-towerstaf gaan regruk en oor die volgende paar maande in Tuis gaan wys. Hul stories word ook op die TV-kanaal VIA vertel.

TUIS SE TOP-3

1 Cheryl Button en haar man woon al die afgelope 30 jaar in dieselfde huis in Bantrybaai, Kaapstad. “Oor die jare het ons baie meubels, snuisterye, kombuiswar­e, klere, boeke en speelgoed by ander mense gekry. Nou is daar net eenvoudig te veel van als! Ons moet ruimte skep deur ontslae te raak van ander mense se eertyds geliefde artikels en meubels wat nie by die res pas nie. Ons kinders is nou groot en daar is so baie wat ons nie meer nodig het of wil hê nie.” Cheryl wil ruimte skep sodat sy weer kan begin naaldwerk doen nadat sy onlangs gesigmaske­rs begin maak het. Al voel sy oorweldig en onseker waar om weg te spring, wil sy ’n vars begin hê vir haar 25ste huwelikshe­rdenking later vanjaar. “Dit sal wonderlik wees om ontslae te wees van al dié opgaargoed en net te hou wat ons gereeld

gebruik en wat vir ons gesin van waarde is.”

2 Shaheeda Loofer het ’n droom: ’n Funksionel­e motorhuis. Sy en haar gesin het nege jaar gelede by hul huis in Plumstead ingetrek en dadelik met opknapwerk begin om die klein drieslaapk­amerhuis in ’n ruim gesinswoni­ng te omskep. Dié proses het eers agt jaar later, in 2019, ten einde geloop, en nou is hul motorhuis vol bokse, oorskiet-boumateria­al en algemene gemors. “Ons trek eenvoudig die deur toe!” bieg sy. Haar droom is om dit weer ’n funksionel­e ruimte te maak waar die wasmasjien en tuimeldroë­r, herwinning s drom meen tuingereed­skap alles netjies hul plekke kan inneem – natuurlik met genoeg plek vir ’n motor ook!

3Toe Elize Potgieter en haar gesin drie jaar gelede Wellington toe trek, was sy vasbeslote om uiteindeli­k alles wat onnodig is, te verkoop of weg te gee. “Ek was altyd die koningin van my garage, maar elke keer dat ons verhuis het, het ek ’n bietjie van my houvas verloor. Nou kan ek nie eens meer die vloer of werkopperv­lakke in my ateljee sien nie!” Elize en haar ma maak kwilte, matte, mandjies en ander dekorartik­els vir spesiale geleenthed­e as ’n stokperdji­e, en sy wil dié ruimte meer funksionee­l inrig om haar kreatiwite­it aan te vuur. “In my kinderjare het ons baie getrek; dis dalk hoekom ek so geheg raak aan sentimente­le goed. Maar my deurmekaar huis weerspieël nie wie ek is nie. Ek streef na daardie minimalist­iese gevoel – waar alles ’n plek het en elke ding op sy plek is.”

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa