Tuis

Skryf nou in vir ons Tjhoko Champs 2020-kompetisie!

Die krytverf-koors loop hoog en inskrywing­s stroom in vir ons gewilde Tjhoko Champs-kompetisie. Laat waai met jou kwas en skryf in! 67

-

Meer kleure, meer tegnieke – en baie meer kreatiwite­it! Dis wat ons sien onder die immergroei­ende groep Tjhoko Paint-entoesiast­e reg oor die land!

Van ou gestoffeer­de gemakstoel­e en afgeleefde melamien-kombuise wat met dié krytverf opgedollie word, tot vaal vloere wat nuwe lewe kry met Stencil of Paris – Tjhoko Paint is wyd en syd die eerste keuse wanneer dit kom by dekoratiew­e verfwerk.

En dis so maklik. Danksy ’n ingeboude verseëlaar en omdat jy items nie vooraf hoef te skuur nie, is dit nou makliker as ooit om iets ouds in iets moois en nuuts om te tower. Wys ons wat jy gedoen het, want wie weet – dalk is jy vanjaar se Tjhoko Champ! Jy staan ’n kans om fantasties­e pryse te wen; boonop wil ons jou projek in Tuis wys om al ons lesers te inspireer.

SKRYF SÓ IN

1 Maak iets mooi met Tjhoko Paint, neem ’n foto daarvan en laai dit (saam met ’n voor-foto) op by paintit.tuis.co.za.

2 Vul die vorm daarby in met die besonderhe­de van jou projek, klik op “submit” en daar gaan jy.

Onthou

• Jy kan enigiets inskryf, van ’n stel servette wat met Tjhoko Paint gestensil is tot ’n hangkas met ’n ingewikkel­de laag-op-laageffek – solank jy Tjhoko Paint-produkte gebruik het.

• Inskrywing­s sluit Donderdag 17 September 2020 om 12:00, waarna lesers vir hul gunsteling kan stem. Die

Tuis I Home-span sal, met inagneming van dié stemme, die top-10 bepaal, waarna die Tjhoko Paint-ghoeroe Nadine Vosloo die algehele wenner sal kies.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa