Tuis

Raad Vra die kenners

Kort jy raad met die ontwerp van ’n trapreling, of oor die perfekte palet vir die buitekant van jou huis? Vra net – ons kry die antwoorde.

- Saamgstel deur

Mary Marshall van Kaapstad skryf Twee jaar gelede, toe ek my kothuis opgeknap het, was ’n trap deel van die projek. Ek het baie gehou van die oop handreling van platstaal wat ek by ’n huis op Yzerfontei­n gesien het, en het ’n replika daarvan profession­eel laat maak en installeer. Maar toe ek die veranderin­ge by die munisipali­teit wou laat goedkeur, het hulle gesê die trapreling voldoen nie aan die vereistes nie, aangesien die openinge tussen die stawe te groot is. Ek het al soveel trappe sonder relings in huise gesien. Sal ek goedkeurin­g kry indien ek myne heeltemal verwyder?

Nadine Naidoo van Meik Architects antwoord Daar is twee maniere waarop jy goedkeurin­g vir jou trapreling kan verkry:

Die eerste opsie is om die reling só aan te pas dat dit aan al die regulasies voldoen. Die betrokke regulasie bepaal dat ’n trapreling minstens 1 m hoog moet wees en geen openinge moet hê waardeur ’n bal met ’n deursnee van 10 cm sal pas nie. As jy ekstra stawe in die reling sit sodat daar minder as 10 cm tussenin is, sal die trapreling voldoende wees – mits daar minstens 1 m tussen die bokant van die reling en elke treetjie se bokant is.

Die tweede opsie is om die trapreling te verwyder. Volgens die toepaslike regulasie moet enige trap met meer as vyf treetjies voorsien wees van minstens een aaneenlope­nde reling oor die volle lengte van die trap. Dit geld huishoudel­ike wonings (H3) en woonhuise (H4). Kortom, dus, as jou huis in dié kategorieë val, kan jy die trapreling verwyder en goedkeurin­g kry.

Dit klink dalk vreemd, maar ja, as jy ontslae raak van jou trapreling wat nie aan die vereistes voldoen nie, kom jy die regulasies na. Indien jy dié opsie kies, is dit raadsaam om ’n afskrif van die regulasie byderhand te hou sodat jy dit met die bou-inspekteur kan bespreek.

Die eerste prys sou wees om die reling aan te pas vir goedkeurin­g, aangesien dit altyd veiliger is om ’n trapreling te hê.

KONTAK meik.co.za

 ??  ??
 ??  ?? Shané Barnard
Shané Barnard
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa