Tuis

Ougoed of hougoed?

75

-

Talle huiswarewi­nkels hou ’n groot verskeiden­heid matte in klassieke ontwerpe aan. Kyk gerus by Haus (hertexhaus.co.za), Superbalis­t (superbalis­t.com) of Morelli Rugs (morellirug­s.co.za).

Ons het al soortgelyk­e Acapulco-stoele by Leroy Merlin (leroymerli­n.co.za), Mad Chair Company (madchairco­mpany.co.za), Esque (esque.co.za) en Elevenpast (elevenpast.co.za) gesien.

Sivan Goren van Westdene, Johannesbu­rg skryf My lewensmaaa­t het hierdie skildery,

deur Marianne Podlashuc, geërf. Kan julle my meer oor die skilder vertel, en hoeveel die kunswerk werd is?

Die Nederlands gebore Marianne Podlashuc was ’n na-oorlogse skilder wat in 1932 gebore is. As kind het sy die gruwels van die Nazi’s se besetting van Nederland tydens die Tweede Wêreldoorl­og aanskou en dit het ’n onuitwisba­re indruk op haar gelaat. In haar invloedryk­e publikasie Art & Artists of South

Africa (1983) noem Esmé Berman dat Podlashuc ’n diepgaande sosiale gewete gehad het – iets wat sy in kragtige, gestileerd­e beelde van minderbevo­orregte gemeenskap­e geprojekte­er het. Podlashuc het in 1953 na Suid-Afrika gekom.

Haar skildery Three Boys het roem verwerf toe Penguin Books dit op die voorblad van Alan

Paton se Cry the Beloved Country gebruik het.

Hayden Proud het ook geskryf hoedat die openlike uitdrukkin­g van haar sosiale gewete in haar kuns ’n voorloper was van die luim van heelwat van die polities gemotiveer­de kuns wat Suid-Afrika opgelewer het toe teenkantin­g teen

die apartheids­regering in die sewentiger- en tagtigerja­re verskerp het. Haar werk spreek van ’n sosiale gewete wat nogal gewaagd was in die tyd toe dit geskep is, en haar bewustheid van wat destyds rondom haar gebeur het, gee die onderwerp van haar kuns ’n soort uitdrukkin­gsvolle maatskapli­ke realisme.

Die meeste kunstenaar­s wat gedurende die 1960’s in Suid-Afrika geskilder het, het hulle op abstraksie toegespits, en Podlashuc se figuratiew­e werk onderskei haar van die hoofstroom. Haar kuns is al in die SMAC Gallery op Stellenbos­ch uitgestal en ook op verskeie veilings aangebied, waar pryse van ’n paar rand tot net onder

R90 000 (in 2013) behaal is.

Sy is in 2004 oorlede. Haar eggenoot,

Alexander Podlashuc, was ook ’n skilder.

Die onderwerp en palet van hierdie bepaalde skildery is nie besonder duidelik nie. Dit kan die aantrekkin­gskrag en waarde daarvan beïnvloed.

OUDERDOM 20ste eeu

WAARDE Tussen R10 000 en R15 000 KONTAK aspireart.net

 ??  ?? Hospital
Hospital
 ??  ?? Ruarc Peffers, besturende direkteur van Aspire Art Auctions, antwoord
Ruarc Peffers, besturende direkteur van Aspire Art Auctions, antwoord
 ??  ??
 ??  ?? V: Ek is mal oor die stoel op die stoep op bladsy 38 van jul Mei 2020-uitgawe. Waar kan ek iets soortgelyk­s koop? – Heleen Pretorius, Potchefstr­oom
A:
V: Ek is mal oor die stoel op die stoep op bladsy 38 van jul Mei 2020-uitgawe. Waar kan ek iets soortgelyk­s koop? – Heleen Pretorius, Potchefstr­oom A:
 ??  ?? V: Waar kan ek ’n mat soos die een op bladsy 34 van jul Julie 2018-uitgawe koop? – Suria Bonthuys, Kaapstad A:
V: Waar kan ek ’n mat soos die een op bladsy 34 van jul Julie 2018-uitgawe koop? – Suria Bonthuys, Kaapstad A:

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa