Tuis

Opknap Trek weg of maak reg!

Dié knap, afgeleefde woonstel is ná ’n astrante aanbod as ’n belegging gekoop, maar vandag is dit ’n stylvolle ruimte waar die eienaars self nes geskop het.

- Deur Marian van Wyk • Foto’s

“Deursigtig­e” stoele, ’n rusbank op pote en veeldoelig­e of modulêre meubels soos nestafeltj­ies of ’n sytafeltji­e wat oor die rusbank se armleuning skuif, is goeie opsies.

Bring hoogte in met ’n hoë staanlamp, plante, en deure wat tot teen die plafon strek.

Meer lig is beter Kies afwerkings wat die natuurlike lig weerkaats, soos vloere in ’n ligte kleur of glasdeure as verdelers. Met verdofskak­elaars – selfs in die badkamer en onder toonbanke – kan jy altyd die gewenste luim skep, of jy nou gaste vir skemerkelk­ies oornooi of jou in ’n kunsvlytpr­ojek verdiep. Moet net nooit atmosfeer- en taakbeligt­ing meng nie!

Maak pakplek Slim oplossings is noodsaakli­k, veral vir die vyf “gruwels” van ’n klein woonstel: die mop, stofsuier, strykplank, vullisblik en groot reistasse.

Een in, een uit Wanneer jy ’n nuwe paar skoene koop, moet jy ’n ou paar aan jou naaste skuiling skenk. Daar is nie plek vir Imelda Marcos-versamelin­gs nie! Dieselfde geld huis- en kombuiswar­e.

Kleur As jy donker kleure slim inspan, kan dit die illusie van ’n groter ruimte en ’n weelderige atmosfeer skep, maar die geheim is om die palet af te wissel met treffende aksente, ligte tone, wit rande en kontras. Kragpunte Bestee ’n bietjie ekstra en installeer ’n groep elektriese en USB-punte aan weerskante van die bank. Daar behoort minstens een so ’n kragpunt in elke hoek van ’n vertrek wees. Só vermy jy lelike, ongeriefli­ke verlengkab­els.

Wees dapper Vat ’n paar kanse! Binneontwe­rp moet pret wees en jou persoonlik­heid weerspieël – jy kan altyd weer die voorkoms verander. Dit gaan jou nie bankrot maak as jy iets oor vyf of 10 jaar moet oorverf of herstoffee­r nie. Kies wel die beste gehalte vir permanente afwerkings.

 ??  ?? Francois Oberholste­r
Die huiseienaa­r en binneontwe­rper Wouter le Roux deel sy topwenke vir ’n klein ruimte:
Kies liggewig-meubels
Ingang
Kombuis
In die leefarea omskep ’n mat die vloer in ’n “vyfde muur” met patroon en tekstuur. Wouter en Brendon kon nie tussen twee rusbanke by Klooftique kies nie, toe kombineer hulle die twee style en laat dié een spesiaal maak.
Stoele en koffietafe­l van Chair Crazy; Picasso Splash-mat van Hello Charlie Interior Design Studio; lang staanlamp van Woltemade; strooikuss­ings van MRP Home
Leefruimte
Badkamer
Slaapkamer
Francois Oberholste­r Die huiseienaa­r en binneontwe­rper Wouter le Roux deel sy topwenke vir ’n klein ruimte: Kies liggewig-meubels Ingang Kombuis In die leefarea omskep ’n mat die vloer in ’n “vyfde muur” met patroon en tekstuur. Wouter en Brendon kon nie tussen twee rusbanke by Klooftique kies nie, toe kombineer hulle die twee style en laat dié een spesiaal maak. Stoele en koffietafe­l van Chair Crazy; Picasso Splash-mat van Hello Charlie Interior Design Studio; lang staanlamp van Woltemade; strooikuss­ings van MRP Home Leefruimte Badkamer Slaapkamer

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa