Tuis

Langs ’n meer en ’n MELKHOUTWO­UD

Wanneer die Slabberts by hul kliphuis in die Overberg uitspan, is dit midde-in die ongerepte natuur en onafhankli­k van munisipale netwerke.

- Deur Stilering Foto’s

Op Wortelgat, tussen die see en die Kleinrivie­r-strandmeer, is ’n wegbreekhu­is wat spesiaal geskep is vir die lekkerte van luilekker kuiers. Dis waarheen die Stellenbos­sers Joritha en Roelou Slabbert gereeld ontsnap wanneer hulle wil wegkom van die stadsgewoe­l.

Hul huis is besonders – nie net omdat dit heeltemal “off the grid” is nie, maar ook ontwerp is om saam te smelt met die omliggende natuurskoo­n.

“Ons kuier somer en winter hier,” sê

Joritha van hul aardse huis van waar jy jou kan verkyk aan die krulstamme van melkhoutbo­me en die dynserige blou van die berge in die verte.

“Dis my hartsplek, waar ek op die stoep sit en lees en die hele gesin ure lank om die tafel kuier,” vertel sy verder. “Die wonderliks­te van die huis is die gesinstyd wat ons hier deurbring. Ons seuns, Daniel, Janneman en Martin, speel saam kaart of bordspelet­jies. Ons gaan draf ook of ry fiets. Hier is nie eens ’n televisies­tel nie.”

Wortelgat, ’n eksklusiew­e ontwikkeli­ng naby Stanford, word bestuur deur die Wortelgat Outreach Trust en beskik ook oor konferensi­egeriewe. Daar is sowat 25 privaat eiendomme wat almal tot teen die strandmeer strek. “Omdat dit ’n bewaringsg­ebied is, is dit ’n besonderse, ongerepte hoekie van die Overberg,” sê Joritha. “Ons sien soms ’n rooikat of ’n bosbok hier en hoor gereeld visarende roep.”

Roelou en Joritha Slabbert met hul seuns Daniel (19), Janneman (17) en Martin (11) Stanford

Huis 120 m², erf 2 489 m²

 ??  ?? DIE EIENAARS
WAAR GROOTTE
Marie Opperman • Greg Cox Marian van Wyk
DIE EIENAARS WAAR GROOTTE Marie Opperman • Greg Cox Marian van Wyk

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa