Tuis

Vra die kenners

Wonder jy oor die regte mat vir jou sitkamer, of hoe om ’n leiklipvlo­er te versorg? Vra net – ons kry die antwoorde.

- Saamgestel deur Shané Barnard

Die regte mat

Christel du Preez van Kaapstad skryf Ek weet my sitkamer kort iets om dit af te rond, iets soos ’n mat. Maar ek het geen idee waar om te begin nie! Waarna moet ek kyk as dit by grootte, ontwerp, materiaal, tekstuur en kleur kom? Help asseblief!

Wouter le Roux van Hello Charlie Interior Design Studio antwoord Matte is ’n wonderlike element wat meubels anker en ’n vertrek afrond. Dit skep ook ruimtelike definisie tussen eet- en leefareas in ’n oopplanrui­mte waar dit “los van mekaar” kan voel. Hier is ’n paar wenke:

1 Proporsie en grootte is belangrik Vermy ’n mat wat tussen êrens en nêrens “sweef”. Dit moet onder die voorpote van jou rusbanke en stoele lê om die meubels visueel te verbind en ’n samehangen­de geheel te skep. Maak seker jy koop die regte grootte sodat dit in proporsie is met jou meubels; dis ’n goeie idee om dit aan weerskante van ’n meubelstuk te laat “uitsteek”, soos in die illustrasi­es (oorkant ).

’n Algemene reël wanneer jy ’n mat koop, is om een te kies wat 80–100 cm kleiner as die vertrek is. Dit is omdat ’n oop strook vloer reg rondom die mat die ruimte groter laat voel. Wanneer jy ’n mat soek vir ’n eetarea, soek vir iets min of meer 60–80 cm groter as die tafel; dit beteken die stoele se agterpote is altyd op die mat, selfs wanneer die stoele uitgetrek is. ’n Loper vir ’n gang moet altyd 15–30 cm smaller en 40–60 cm korter as die gang wees.

Ronde matte raak deesdae al hoe gewilder. As jy dié opsie kies, geld die reëls hierbo natuurlik nie. Jy kan wel ’n wonderlike element by ’n ruimte voeg deur ronde matte asimmetrie­s in ’n ruimte te plaas as treffende fokuspunt.

2 Kleur Met ’n mat kan jy ’n eenvormige palet skep, ’n bestaande kleur in jou skema uitlig of kontras bewerkstel­lig. ’n Mat bring persoonlik­heid en ’n bietjie kleur en patroon in – wees dus so dapper soos jy wil!

Aangesien ’n mat ’n vertrek en die meubels daarin anker, sal sy kleur, styl en tekstuur ook die luim van die vertrek bepaal. Donker, ryk, manlike kleure sal ’n intieme ruimte afrond, terwyl ligter kleure ’n area groter sal laat lyk. Kies warm tone soos geel, oranje en rooi vir warmte, en koeler tone soos groen en blou vir ’n ontspanne, kalm atmosfeer. Die hoeveelhei­d sonlig wat ’n vertrek kry, sal ook jou kleurkeuse beïnvloed.

3 Patroon en tekstuur Tekstuur is ’n belangrike deel van enige interieur, want dis hoe jy ’n interessan­te laag-op-laagvoorko­ms skep. Matte is ’n wonderlike manier om ’n vertrek diepte en tekstuur te gee, terwyl ’n motief ook die drama en trefkrag van die vertrek sal verhoog.

Eksperimen­teer met verskillen­de weefstowwe soos sy, wol en katoen; ook diervelle, kunspels en selfs goiing of bamboes. Al dié teksture sal bydra tot die atmosfeer van die vertrek, afhangend van hoe dit lig weerkaats of absorbeer.

4 Materiaal Kies iets wat sterk en duursaam is – veral as jou mat baie verkeer gaan kry. ’n Goeie mat wat die toets van die tyd sal deurstaan is ’n slim belegging; maak daarom seker jy skaf een aan wat nog lank mooi sal lyk in jou ruimte.

Daar is deesdae ook ’n groot verskeiden­heid buitematte beskikbaar; kies een wat taai is, nie sal verdof nie en wat jy maklik kan skoonmaak en versorg. Baie van hulle lyk ook mooi binne!

Hou die volgende eienskappe van die onderskeie materiale in gedagte (afhangend van waar jy jou mat wil gebruik): Akriel is duursaam en maak maklik skoon. Die vesels kan geweef wees of geborsel sodat dit soos ’n duur wolmat lyk.

Polipropil­een is ’n duursame sintetiese vesel en die versorging verg min moeite – perfek vir ruimtes wat baie voetverkee­r kry.

Viskose is nie so duursaam soos ander materiale nie en daarom nie ideaal vir plekke met baie voetverkee­r nie. Die materiaal het wel ’n lieflike, weelderige glans en word dikwels met ander materiale soos wol gemeng.

Wol is ’n natuurlike vesel wat ongeloofli­k sag onder jou voete en besonder duursaam is.

Goiing en sisal is uiters geharde natuurlike vesels wat geskik is vir vloere wat swaar verkeer moet verduur. Matte van dié vesels is geredelik beskikbaar in verskillen­de weefpatron­e en kleure.

KONTAK hellocharl­ie.co.za

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa