Tuis

Kweek jou eie!

Uie, wortels en kool

-

Dis die begin van ’n nuwe groeiseiso­en, maar moenie te haastig wees nie – die grond is nog koud en dit kan nog vir oulaas ryp voor die weer begin opwarm. Wissel saaitye af, oes steeds wintergroe­nte en maak gereelder nat namate die dae warmer raak.

Saaiplan vir die lente

Vroeg in September Saai beet, wortels, kool, blaarslaai, ertjies, spinasie en spinasiebe­et wat by ’n laer grondtempe­ratuur ontkiem. Saaiwenk Saai fyn wortelsaad, soos ‘Cape Market’ (wat spesifiek vir Suid-Afrikaanse toestande ontwikkel is), ry vir ry, met ’n tregter gemaak van ’n vel papier om die saad eweredig te versprei.

Middel September Saai stam- en rankboontj­ies, asook skorsies. Saaiwenk Groenbone ontkiem op hul beste wanneer twee of drie bone saam in een gat geplant word. Maak ’n groenbone-tipi deur drie riete aan mekaar vas te maak (of bind tou om dit op te lei) en saai die erfenis-rankboontj­ie ‘Lazy Housewife’ by die basis sodat dit daarteen kan oprank. Die kleinspan sal dol wees daarop.

Einde September Saai tamaties, eiervrug, rissies, soetrissie­s, mielies, pampoene, spanspek, en ander skorsies met ’n rankende groeiwyse.

Saaiwenk Maak saadbeddin­gs en saailinge elke dag nat. Gebruik ’n gieter met ’n fyn sproeikop sodat die saailinge nie wegspoel nie.

Probeer dit!

Kweek happiegroo­t kersietama­ties in ’n pot van 35–40 cm, met potgrond van goeie gehalte, tuisgemaak­te kompos en organiese bemesting. Maak in die somer elke dag nat en voed een keer elke maand met ’n vloeibare bemesting. Moenie dat die pot uitdroog nie.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa