Tuis

Liewe leser

- redakteur@tuis.co.za

Die tydskrif wat jy in jou hande hou, is ’n geskiedkun­dige een. Dis die laaste maandeliks­e uitgawe van Tuis, want voortaan gaan Suid-Afrika se no. 1-huis-en-tuin-tydskrif net agt keer per jaar verskyn.

Ek skryf dit met ’n sug, maar nie sonder hoop en baie planne nie. Want sien, ek is ’n glas-halfvol-mens, veel eerder deel van die oplossing as deel van die probleem. En so graag soos ek en die span wonderlike, kreatiewe, hardwerken­de mense wat elke maand dié mooi tydskrif aanmekaars­it, sou wou voortgaan met 12 uitgawes per jaar, het die Covid-19-pandemie ons ook geklap. Soos baie ander tydskrifte.

Die goeie nuus is: Dis nog lank nie die einde nie. En benewens die agt hoof-uitgawes elke jaar gaan ons steeds voort met ons spesiale uitgawes – ekstra leesplesie­r wat jou tussendeur sal inspireer. Tuis Werf is tans op die rak, ons werk reeds aan die jaarlikse

Opknapgids en dan kom daar weer ’n Tuindagboe­k. In die nuwe jaar wag nog ’n paar ander projekte – daaroor sal ek later meer vertel. Wat beteken dit als vir jou as gewaardeer­de ondersteun­er? In die eerste plek: Jy gaan voortaan ’n bietjie langer moet wag vir jou nuwe Tuis, wat nou elke ses weke op die rak gaan verskyn (net die vakansie-uitgawe oor Desember en Januarie sal vir agt weke te koop wees).

In die tweede plek: ’n klein prysverhog­ing. Maar nie weer die groot sprong wat ons in Junie gemaak het nie. En gun my ’n oomblik om hier net konteks te gee.

Ek was in die ses jaar van my redakteurs­kap nog nooit in sulke diep moeilikhei­d soos Juniemaand nie. Die sprong na R75 was deel van ’n breër strategie wat baie duidelik nie byval gevind het by Tuis-lesers nie. Die idee was dat ons iets ekstra by die tydskrif voeg (’n masker in ons geval) en die prys verhoog – net vir daardie uitgawe. Maar ons het dit nie goed verduideli­k nie en ek het behoorlik deurgeloop op Facebook en in die briewebus. Iemand het my selfs ’n skelm genoem. Eina.

Daarom die volgende: As iemand nog glo ons stoot sommer net pryse op omdat ons gulsig is en net nog geld uit lesers wil maak, dink weer. ’n Ingrypende besluit soos die een waardeur ons pas is, wat insluit dat drie van my spanlede hul werk verloor, is sekerlik genoeg bewys dat dinge knyp en dat ons vernuwend moes dink. Verstaan dus asseblief dat die nuwe prys van R65 per uitgawe die spreekwoor­delike “sweet spot” is wat verseker dat Tuis nog jare lank deel van die Suid-Afrikaanse tydskrifla­ndskap kan wees, al is dit dan minder gereeld.

Want ’n tydskrif gedruk op goeie papier, met foto’s deur profession­ele fotograwe geneem van huise oor die hele Suid-Afrika (vlugte, voertuie, petrol, verblyf … ), gestileer deur ons kreatiewe redakteur, met stories geskryf deur gesaghebbe­nde skrywers, uitgegee in Engels en Afrikaans, kos ’n hoop geld om te produseer.

Ek is so bly dis lente, want die lente bring groei. En ’n krisistyd soos die een wat die ganse wêreld tans beleef, is vrugbare grond vir kreatiwite­it.

Ek nooi jou uit om die pad saam met ons te stap. Ons is gereed – en soos altyd daar vir jou.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa