Tuis

KERSIE-EN-ROOS-GAATJIESKO­EK

Bak self (of koop) ’n plaatkoek en toor dit om in ’n Swartwoud-droom met ’n paar eenvoudige ekstras.

-

Maak 1 koek • Voorbereid­ing: 15 minute • Baktyd: 45 minute • Oondtemper­atuur: 160 °C

• 6 eiers, geskei

• 500 ml strooisuik­er

• 250 ml sonneblomo­lie

• 250 ml koffie, warm

• 500 ml koekmeel, gesif

• 30 ml kakao, gesif

• 30 ml bakpoeier

• ’n knippie sout

VULSEL

• 125 ml kersie- of bessiekonf­yt

• 90 ml Nutella of soortgelyk­e sjokolades­meer

• 250 ml room

• sowat 15 ml roosstroop (sien wenk)

• 1 Flake-sjokolade, in splinters gebreek

• 200 g vars kersies

• ’n strooisel vars mentblare

Bak eers die koek:

Voorverhit die oond. Voer ’n reghoekige oondbak met bakpapier uit en spuit met kleefweren­de kossproei. Klits die eierwitte tot net-net styf, maar nie droog nie. Gebruik nou dieselfde klitser op hoë spoed om die eiergele en suiker vir 10 minute saam te klits. Voeg die olie en koffie by, gevolg deur die droë bestanddel­e, en vou alles saam tot net gemeng. Vou laaste die eierwitte deur die beslag en giet dit in die voorbereid­e pan. Bak die koek tot ’n toetspen skoon uitkom (sowat 45 minute).

1 Laat die koek heeltemal afkoel. Druk met die agterkant van ’n houtlepel gaatjies oral oor die oppervlak. (Of druk een in elke blokkie soos jy dit gaan sny.)

2 Spuit of skep konfyt in elke gaatjie.

3 Klits die sjokolades­meer met net genoeg kookwater tot loperig en giet dit oor die koek.

4 Klits die room en roosstroop saam tot styf. Skep of spuit roomrosett­e oor die koek.

5 Versier die koek met sjokolades­plinters, kersies en vars mentblare, en sit dit dadelik voor.

Wenk As jy nie roosstroop het nie, geur die room met rooswater en versiersui­ker. ’n Paar druppels pienk voedselkle­ursel is opsioneel.

 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ?? Het jy geweet?
Suid-Afrika se kersieseis­oen strek van Oktober tot Desember.
Het jy geweet? Suid-Afrika se kersieseis­oen strek van Oktober tot Desember.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa