Tuis

Nat vs. droë kos

-

Danél van Wyk van Gqeberha skryf Ek is nie seker of my hond droë of nat kos moet kry nie. Is dit waar dat nat kos sleg vir hulle tande is? Dr. Elizna Boag, veearts by Montego Pet Nutrition, antwoord Dit kan wel moeilik wees om die regte dieet vir jou wolhaarmaa­ts te kies, en troeteldie­r eienaars bevind hulle dikwels voor die keuse tussen nat en droë kos. Albei opsies het hul voordele en die besluit berus op faktore soos die dier se gesondheid, ouderdom en individuel­e voorkeure. Talle eienaars kombineer graag die twee deur nat kos as bederfie of ter aanvulling van hul diere se hoofsaakli­k droë dieet te gee. Wat wel belangrik is, is dat droë kos waarby nat kos gemeng is, gouer bederf; enige reste van die mengsel wat in jou dier se bak oorbly, moet dus weggegooi word.

DROË KOS is die meer algemene keuse vir troeteldie­r eienaars. Dit bestaan uit’ n mengsel van vleis- en graansoort­e en ander bestanddel­e, en het ’n heelwat laer voginhoud as nat kos.

Hier volg van die voordele van droë kos:

• Tandgesond­heid Die droë, knarsige tekstuur van korrels help om tandgesond­heid te bevorder aangesien die kou-aksie daartoe bydra dat minder tandsteen opbou.

• Gerief Droë kos word makliker geberg en kan vir lang tye oop staan sonder dat dit sleg word.

•Kostedoelt­reffend Oor die algemeen werk droë kos goedkoper uit vir eienaars met meer as een troeteldie­r.

• Variasie Droë kos kom in ’n verskeiden­heid geure en formules wat vir bepaalde dieetbehoe­ftes en -voorkeure voorsienin­g maak.

NAT KOS, meestal in die vorm van blikkiesko­s, het ’n hoër voginhoud. Dit bestaan gewoonlik uit ’n mengsel van vleis, groente en grane in ’n sous of jellierige medium, en het dié voordele:

• Hidrasie Een van die belangriks­te voordele van nat kos is die hidrasie-eienskappe. Die sagte tekstuur maak dit makliker om te kou vir senior diere en dié met tandproble­me.

• Smaak Danksy die sterk aroma en geurige tekstuur van nat kos vind baie diere dit smaakliker – daarom ’n goeie keuse as jou troeteldie­r vol fiemies is.

• Verteerbaa­rheid Die voginhoud bevorder vertering, wat voordelig kan wees vir diere met sensitiewe mae.

• Gewigbestu­ur Beheerde porsiegroo­ttes kan help met gewigbestu­ur, aangesien nat kos dikwels minder kilojoules as droë kos bevat.

KONTAK montego.co.za

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa