Tuis

’n Passie vir al wat ’n plant is

-

In die lente is die sierlike bloureën bo die stoep ’n groot apploustre­kker. “Dit het lank gevat voor hy begin blom het, en vanjaar was hy op sy mooiste nog,” sê Nan.

“Ek vermoed dit het te doen met hoe ons dit teruggesno­ei het. Verlede jaar het ons te drasties gesnoei en het hy nie goed geblom nie.”

Nan kry haar liefde vir tuinmaak van haar ma. “Sy het ’n tuin van bykans ’n halwe hektaar gehad, en dis hoe ek haar onthou: in die tuin, tuinslang in die hand, terwyl sy haar plante tydsaam staan en natmaak,” vertel Nan, wat vir so lank as wat sy kan onthou, besig is met botaniese dinge.

“Met my eerste besigheid het ek vetplante in ’n kweekhuis gekweek, in potjies uitgeplant en aan kwekerye verkoop.” Daarna het sy ’n pottebakke­ry, Pottery by Nan, begin en pragtige terracotta­potte gemaak wat sy aan kwekerye en bloemiste verskaf het. “Ek was nog maar altyd op een of ander manier omring deur plante.”

Alan se destydse ondernemin­g, Trader’s Workshop, het tuinmeubel­s en -bykomstigh­ede van smeeyster gemaak, wat goed by die potte aangesluit het. Hulle het hulle in die kleinhande­l begewe en hul gewilde Simply French-winkels in verskeie sentrums in Johannesbu­rg oopgemaak. “Ons moes lang ure werk, wat tot my belangstel­ling in vetplante gelei het. Ek het net nie meer genoeg tyd gehad om al die potte gereeld nat te gooi nie, toe begin ek met iets wat ’n bietjie afskeep sou oorleef,” sê Nan, wat nou ’n groot versamelin­g vetplante in potte voor hul huis het.

Die voordeel van die tuin is dat dit relatief min onderhoud verg en die struktuur en immergroen plante sorg dat dit heeljaar mooi is. – Nan

 ?? ??
 ?? ?? Alan het ’n prieel teen die grensmuur oorkant die stoep gebou as fokuspunt en eetplek buite in die skadu. Hy het die tafel en banke van ou dekplanke gemaak.
Alan het ’n prieel teen die grensmuur oorkant die stoep gebou as fokuspunt en eetplek buite in die skadu. Hy het die tafel en banke van ou dekplanke gemaak.
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa