Tuis

JENNY SE OPLOSSING

- KONTAK redcatdesi­gn.co.za

ALBEI BADKAMERS

• Hou die loodgieter­swerk min of meer in dieselfde posisie.

• Werk die mure glad af. Gelyk mure in ’n ligte kleur sal die voorkoms verfris en ’n gevoel van meer ruimte skep.

• Oorweeg dit om viniel met ’n patroon of ’n houtvoorko­ms oor die bestaande vloerteëls te lê. Teël die stortvloer met iets wat daarby pas.

• Installeer eenvoudige swart, chroomof kopermengk­rane en -toebehore.

Oorweeg ook om al die mure in die badkamer te teël. As jul begroting dit nie toelaat nie, teël net die mure in die stort en die spatareas agter die bad en wasbakke.

• Vervang die ligtoebeho­re indien dit oud en afgeleef lyk.

• Rond die voorkoms in albei badkamers af met donssagte handdoeke en badmatjies, ’n kunsafdruk of twee en geil groenighei­d.

IN DIE GESINSBADK­AMER

• Skuif die venster en bou dan ’n diep kas vir die wasmasjien, met ’n rak daarbo vir die tuimeldroë­r (vra raad by ’n gekwalifis­eerde elektrisië­n vir die kragpunte). Bring die kas in lyn met die muur om die ruimte af te rond en gemakliker te laat voel. Versteekte toestelle is minder steurend op die oog en skep ’n gevoel van kalmte – wie wil nou aan ’n bondel was- of strykgoed herinner word terwyl jy in die bad lê?

• ’n Ingeboude bad van 700 x 1 800 mm (waarskynli­k niks groter nie) sal die beste hier pas. Kies een met ’n sentrale uitlaat en plaas die mengkraan in die middel van

die muurlengte sodat jy aan enige kant van die bad kan teruglê. Oorweeg ook ’n handstort – dit is altyd baie nuttig.

• Kies ’n eenvoudige muurgemont­eerde wasbak; ’n kassie kan bonkig voorkom en neem baie ruimte in beslag. Plaas liewer ’n kabinet met ’n spieël bo die wasbak vir noodsaakli­ke artikels en bêre enige ekstras in die kas met die wasmasjien.

• ’n Deursigtig­e stortdeur sal die ruimte groter laat voel. Installeer die mengkraan teen die muur naaste aan waar die stortdeur oopmaak, met die stortkop teen die oorkantse muur sodat jy nie nat word sodra jy die kraan oopdraai nie.

IN DIE EN SUITE

• Dis ’n klein ruimte. Ek stel voor julle breek die muur tussen die wasbak en stort af (mits dit nie ’n dramuur is nie; sien skets), asook die blad onder die wasbak. Die vertrek sal dadelik groter lyk daarsonder.

• Installeer ’n glasskerm waar die muur uitgebreek is, en ’n glasstortd­eur. Kies ’n muurgemont­eerde wasbak met ’n

spieëlkass­ie daarbo vir bêreplek en kry ’n wasgoedman­djie wat onder die wasbak inskuif.

• Die eerste ding wat jy sien wanneer jy hier instap, is die toilet. Oorweeg mooi plakpapier teen daardie muur wat die oog sal weglei. En vervang gerus die toilet met ’n meer kontemporê­re model indien julle begroting dit toelaat.

Het jy geweet?

Daar is ’n algemene wanbegrip dat elektriese kragsokke nie toelaatbaa­r is in badkamers nie. Volgens ECASA (die werkgewers­organisasi­e vir elektriese kontrakteu­rs) word badkamers in sones verdeel. In die praktyk kom dit daarop neer dat toestelle soos wasmasjien­e wel toelaatbaa­r is indien die kragsokke ver genoeg van wateruitla­atpunte geplaas is om risiko te verminder. >>

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa