Tuis

Kies krulkool!

-

Boer- of krulkool word beskou as ’n supervoeds­el – dit bevat min kilojoules maar baie vesel, is ryk aan vitamien A en C (immuunvers­terkers), vitamien K (keer bloedklont­e en versterk bene), asook minerale en gesonde omega-3-vetsure.

Dié koolsoort is bestand teen koue, groei vinnig, het ’n lang oestyd en nie las van plae nie, wat dit ’n maklike wintergewa­s maak. Die blare word selfs soeter, met ’n sagter geur, ná ’n bietjie ryp. Kweekwenke

• Begin vroeg in April deur saad in saadbakke te saai sodat jy dit ses tot agt weke voor die eerste ryp kan uitplant. Saailinge moet 10 cm hoog wees (twee egte blare).

• Plant uit in vrugbare grond wat goed dreineer in volson of gedeelteli­ke skadu; plante in die skadu sal nie so stewig en blaarryk wees soos dié in volson nie. Spasieer plante 45-50 cm uitmekaar in rye sowat

60 cm van mekaar af.

• Voed die plantjies nadat dit uitgeplant is met ’n stikstofry­ke bemesting, en daarna een keer per maand met ’n vloeibare misstof soos Margaret Roberts Organic Supercharg­er.

• Maak gereeld nat en erd die grond rondom die stele van hoër kultivars soos ‘Chou Moullier’ en ‘Black Tuscan’ op om hulle te ondersteun.

Oes Pluk blare van onder af boontoe (vir hoër groeiende soorte) of begin by die buitenste blare by stingellos­e kultivars; los altyd die kroon of groeipunt met jong blare aan die plant.

Kook die blare heel, gekap of gesnipper, panbraai dit in olyfolie met knoffel en rissie, stowe dit in ’n dun sop, blansjeer, of draai dit rondom ’n vulsel en bak. PROBEER DIÉ

‘Vates Blue Curled’ het gekrulde blare en groei laag op die grond. Oes binne 25-30 dae vir babablare, of 50-60 dae vir volwasse blare.

‘Dinosaur’ se geriffelde blare het ’n aardse neutagtige geur en is soeter as ander soorte. Die lang, smal, blougroen blare groei uit die basis. Spasieer plante 50 cm uitmekaar, aangesien hulle 90-100 cm hoog en wyd groei. Oes blare wanneer dit 30 cm lank is.

‘Chou Moullier’ (ook bekend as “giant tree kale”) het plat, blouerige groen blare wat sag is terwyl dit jonk is, maar later langer gekook moet word. Die blare het ’n sagte koolgeur. Dié kultivar groei tot 1 m hoog – nuttig as jou plek min is, want jy kan ander groente daaronder plant.

KONTAK kirchhoffs.co.za of rawliving.co.za

 ?? ?? ‘Chou Moullier’
‘Chou Moullier’

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa