Tuis

Uit hul notaboek

Vernuftige ontwerppla­nne en deursettin­gsvermoë is die hoofbestan­ddele vir ’n geslaagde opknap.

-

Lynette se opknapgehe­ime

• Verf is ’n wonderlike en relatief goedkoop manier om warmte, diepte en atmosfeer te skep. Moenie bang wees vir kleur en donker mure nie; dit verander ’n vertrek heeltemal.

• Skep ’n fokusmuur in elke vertrek. Jy kan ’n donkerder kontraster­ende verfkleur, plakpapier of iets soos ’n spieël gebruik. In my kombuis skep die spieël wat as spatvlak bo die stoof dien so ’n fokuspunt. Enigiemand kan ’n doodgewone ou spieël ’n vintage-voorkoms gee met verf.

• Kontras is belangrik, soos die donker mure wat ek oral teen wit detail afspeel. In die badkamer is dit die houtpanele; in die kombuis die werkvlakke.

• Ons het geld bespaar deur nie die oorspronkl­ike loodgieter­s- en elektriese punte te skuif nie. Ons het ook die ou stort se koperpype en stortkop weer gebruik, net soos die ou Victoriaan­se bad en sy krane, wat bloot skoongemaa­k is.

• As jy wil moed verloor, onthou: Enigiets is moontlik met deursettin­gsvermoë.

• Onder konstante toesig werk kontrakteu­rs vinniger en doeltreffe­nder, en verkort jy jou wagtyd.

 ??  ?? Lynette het ’n vars groen palet vir die binnehof (oorkant) se stoffeerma­teriaal gekies. “Dit lyk koel en komplement­eer die houtdetail,” sê sy. Colin het die bankie met pakplek en plantbokse self gemaak van behandelde dennehout. Buitelugma­t van Hertex;...
Lynette het ’n vars groen palet vir die binnehof (oorkant) se stoffeerma­teriaal gekies. “Dit lyk koel en komplement­eer die houtdetail,” sê sy. Colin het die bankie met pakplek en plantbokse self gemaak van behandelde dennehout. Buitelugma­t van Hertex;...

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa