Tuis

Coprox

-

Coprox Waterproof Dualcoat is ’n sementagti­ge bolaag wat ook waterdig is. Dit word oor ’n bestaande afvlaklaag aangewend met ’n troffel in ’n baie dun pleisterla­ag. Jy kan ook ’n kwas vir aanwending op mure gebruik, wat ’n tekstuurry­ke effek sal gee.

Installeri­ng Wanneer Waterproof Dualcoat oor ’n nuwe afvlaklaag aangewend word, maak seker dat die afvlaklaag behoorlik verhard het en heeltemal droog is (wag 21–28 dae). Gee die Dualcoat 48 uur kans om droog te word en wend dan twee lae Coprox Wall and Floor Clear Sealer aan. Wag 24 uur tot die vloer droog is voor jy daarop loop of meubels daarop neersit.

Koste Sowat R135/m2 (vir ’n laag van ongeveer 5 mm) Jy kan dit self doen! Coprox Waterproof Dualcoat word in 25 kg-sakke verkoop met stap-vir-stap-aanwysings op die verpakking.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa