Tuis

SKAPE TEL IS VERBY

Met Granny Goose is jy verseker van ’n knus, gemaklike winter!

-

Die winter beteken gehaltetyd in die bed met ’n goeie boek en ’n stomende koppie warmsjokol­ade – die koue weer wat die seisoen bring, mag nooit ’n goeie nagrus onderbreek nie. Hier is hoe Granny Goose jou dié winter lekker warm en snoesig gaan hou:

KIES NATUURLIKE ISOLERING

As jy warm wil bly sonder om te oorverhit, kies ’n donsduvet met ’n omhulsel van 100% katoen. Duvets met ’n natuurlike vulsel bied beter termiese isolering as dié met ’n sintetiese vulsel, en het dus minder vulsel nodig om dieselfde hoeveelhei­d hitte binne te hou. Dons en katoen haal albei goed asem, wat beteken dit hou jou warm in die winter en koel in die somer. Wenk Gebruik beddegoed en nagklere van 100% katoen; dit werk die beste saam met die dons.

VIR GOEIE BEDEKKING

Koop ’n duvet wat een grootte groter as jou matras is. Só sal dit netjies langs jou bed afhang en knus rondom jou liggaam drapeer sodat geen koue lug daaronder kan inkruip en jou slaap versteur nie.

MAAK JOU MATRAS EKSTRAWARM

Wikkel jou lekker in tussen ’n verebed en ’n donsduvet. ’n Granny Goose-verebed verleen snoesige winterwarm­te en gemak aan enige matras. Party matrasse laat koue lug deur na jou lyf, maar met ’n ekstra laag dons en vere soos dié op jou matras staan koue lug nie ’n kans nie.

Wenk Sit jou elektriese kombers onder jou verebed en skakel dit net lank genoeg aan om jou bed warm te maak; só is dit heerlik knus en warm wanneer jy inkruip.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa