Tuis

In Peter Rimell se tuin is die werk nooit klaar nie. Ná dertien jaar van tuinmaak is hy steeds aan die verander ...

-

Peter, ’n vryskutfot­ograaf, vertel met dié foto’s sy tuin se storie. Die Rimells se huis is meer as 200 jaar oud; hiervan getuig die kleibakste­ne in die oorspronkl­ike gebou se kern. Oor die jare is baie aanbouings en byvoegings tot die huis en tuin gedoen, maar dit het steeds ’n wonderlik ouwêreldse atmosfeer – iets wat Peter ook in die tuin probeer behou.

“Ons is gelukkig dat hier ’n paar groot gevestigde bome was toe ons ingetrek het,” gesels hy. “Ek wens net meer van hulle was inheems. Dié bome, asook die bloureën wat in hulle opgroei en in die lente oortrek is met pers blomme, dra alles by tot die wonderlike gevoel van ons tuin. Ek het ook ’n ou put op die erf ontdek, dit skoongemaa­k en nuwe lewe daarin geblaas. Daar’s nie veel water in nie, maar elke druppel tel.” >>

Dié boom vorm ’n natuurlike sambreel aan die een kant van die swembad. In die lente dra dit pragtige rooi blomme wat nektarliew­ende voëls lok. Die peule is wel ’n probleem vir die outomaties­e swembadsko­onmaker! Peter het ’n saailing onder die moederboom ontdek en ’n bonsai daarvan gemaak.

 ??  ?? Die bedding op die sypaadjie is beplant van steggies en plante wat Peter verdeel het. Hier groei onder meer malvas, aalwyne, suurvy en rotstuinsa­lie. Hoe meer inheemse plante Peter in die tuin plant, hoe meer lewe lok dit. Daar is ’n groot...
Die bedding op die sypaadjie is beplant van steggies en plante wat Peter verdeel het. Hier groei onder meer malvas, aalwyne, suurvy en rotstuinsa­lie. Hoe meer inheemse plante Peter in die tuin plant, hoe meer lewe lok dit. Daar is ’n groot...
 ??  ?? “Die firma wat die swembad opgeknap het, het ook die fontein gebou. Ek het dit met sementverf afgewerk sodat dit by die huis inskakel. Dit moes nie nuut lyk nie,” sê Peter.
“Die firma wat die swembad opgeknap het, het ook die fontein gebou. Ek het dit met sementverf afgewerk sodat dit by die huis inskakel. Dit moes nie nuut lyk nie,” sê Peter.
 ??  ??
 ??  ?? Verkleurma­nnetjies is ’n algemene gesig in die tuin. Hulle het al tot 49 verkleurma­nnetjies getel, maar die afgelope droë somer in die Wes-Kaap was dié kuiergaste baie skaars, vertel Peter.
Verkleurma­nnetjies is ’n algemene gesig in die tuin. Hulle het al tot 49 verkleurma­nnetjies getel, maar die afgelope droë somer in die Wes-Kaap was dié kuiergaste baie skaars, vertel Peter.
 ??  ?? [GUNSTELING­PLANT] Die huilboerbo­onboom (Schotia brachypeta­la).
[GUNSTELING­PLANT] Die huilboerbo­onboom (Schotia brachypeta­la).
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa