Tuis

Spinasie-en-kaas-calzone met ham

-

Onder R160 • Genoeg vir 4 Bereidings­tyd: 25 minute • Gaarmaakty­d: 20 minute

• 750g winkel-brooddeeg • 350g bevrore spinasie-enfeta*, gaargemaak • 300g mozzarella, gerasper

• 200g gerookte ham, gekap • oondgeroos­terde kersietama­ties en vars basilie vir voorsit

1 Voorverhit die oond tot 220 °C. Verdeel die deeg in vier en rol elke stuk baie dun uit op ’n meelbestro­oide oppervlak. Die deeg se vorm maak nie saak nie (sirkels óf reghoeke werk goed), maar hou die grootte van jou bakplaat in ag. 2 Verdeel nou die gaar spinasie-en-feta, mozzarella en ham tussen die vier stukke en rangskik die vulsel op die een helfte van elke stuk deeg. Vou die ander helfte bo-oor die vulsel en druk vas om die rande. Strooi ’n dik laag meel op ’n groot bakplaat en plaas die calzones bo-op (gebruik twee bakplate as een te klein is). Maak drie insnydings in elke calzone met ’n baie skerp mes of pizzasnyer en bak vir 13–20 minute of tot goudbruin en bros. Sit dadelik voor met die kersietama­ties en basilie. * Kyk uit vir pakkies spinasie-en-feta in jou naaste supermark se vrieskas.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa