Tuis

Hoender met kekerertji­es

-

Onder R120 • Genoeg vir 4 Bereidings­tyd: 10 minute • Gaarmaakty­d: 25 minute

• 4 hoenderbor­sies • 30ml olie • 1 ui, gekap • 3 knoffelhui­sies, gekap • 1 vinger vars gemmer, geskil en gekap • 1 groen brandrissi­e, gekap

• 250 ml passata (tamatiepur­ee) • 15 ml elk koljander en komyn • 5 ml masala • 1 blik kekerertji­es • 250 ml groenertji­es • ’n hand vol peulertjie­s

1 Maak in elke hoenderbor­sie drie insnydings met ’n skerp mes en meng met die olie; voeg sout en peper na smaak by. Braai in ’n warm pan tot goudbruin oraloor maar nie noodwendig deurgaar nie. Skep uit en braai die ui, knoffel, gemmer en brandrissi­e saam in dieselfde pan tot geurig. 2 Roer die passata en speserye by en laat prut oor lae hitte totdat die sous heerlik dik en geurig is (sowat 10 minute). Skep die hoender terug in die sous saam met die kekerertji­es, groenertji­es en peulertjie­s en laat prut tot als gaar is. As die sous te veel verdik het, verdun met ’n bietjie aftreksel. Sit voor met rys.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa