Tuis

3 Koeklollie­s

-

• 1 Madeira-koekbrood (sowat 330g) • 60g sagte botter • 45ml roomkaas • 250 ml Huletts Icing Sugar, gesif • 15 ml Huletts Golden Syrup • witsjokola­de en strooivers­iersel vir afronding

1 Sit die koek in ’n groot mengbak en krummel deeglik met jou vingerpunt­e. Klop die botter, roomkaas, versiersui­ker en stroop saam. Meng die versiersel ’n lepel vol op ’n slag by die koekkrumme­ls in. Gebruik jou hand om die tekstuur te toets; dit moet bewerkbaar wees, maar nie te nat nie.

2 Vorm die mengsel in happiegroo­t balle en verkoel vir 1 uur. Smelt die sjokolade, steek ’n koekvurk of stokkie in elk van die balle en doop dit in die sjokolade. Versier met die strooivers­iersel.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa