Warm ko­pies

Tuis - - ONS LESERS SE -

Ca­e­sars­to­ne-blaaie se d­rie nu­we ont­wer­pe lyk soos na­tuur­li­ke klip – per­fek as jy jou kom­buis wil op­kik­ker. Daar is Moor­land Fog met sy gra­niet­voor­koms, die lig­grys ag­ter­grond en don­ker­grys are van Mont­blanc en die rou, ru­we Rug­ged Con­cre­te (op die fo­to, so­wat R4 000/m² vir ’n 20 mm-blad). Be­soek ca­e­sars­to­ne.co.za.

Kyk dié skat­ti­ge ka­meel­perd­boek­rak van ber­ke-laag­hout wat jy self aan­me­kaar­sit (R4860, 190cm hoog). Koop dit aan­lyn by he­a­don­de­sign.co.za – hul­le ver­send plaas­lik en in­ter­na­si­o­naal.

Snoe­si­ge kom­ber­se is lek­ker, maar ’n mens wil da­rem hê dit moet mooi ook wees – en nie jou sak ruk nie! MRP Ho­me het pre­sies dit reg­ge­kry met hul lief­li­ke kom­ber­se en de­kens. Die C­har­co­al Mink S­her­pa E­lep­hant­kom­bers (R299,99; 150 x 200 cm) is vir ons prag­tig. Be­soek mrp­ho­me.co.za.

Dis veel­sy­dig, be­kos­tig­baar en min moei­te – g’n won­der ban­ke met los oor­trek­sels is nou weer so ge­wild nie! Co­ri­craft se jong­ste ver­sa­me­ling spog met mo­der­ne ont­wer­pe soos die Kai-twee­sit­plek­bank (fo­to) vir R6 995. Sien die he­le reeks by co­ri­craft.co.za.

T­ref die oog met di­a­mant­vor­mi­ge hang­lam­pe met ’n staal­maas­om­hul­sel van K.Lig­ht (klig­ht.co.za; van­af R1 765).

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.