Tuis

Die binnehof

-

GROOTTE 17,6 m2 Toe Lynette en Colin die huis gekoop het, was die binnehof allermins so gesellig en stylvol soos nou. Die vloer was hopeloos te klein vir losstaande meubels en boonop karakterlo­os, maar het darem pluspunte gehad, soos ’n dennehoutd­ek. Boonop kry dié hoekie heerlike oggendson omdat dit aan die oostekant van die huis is, en is dit beskut teen die Kaap se berugte suidoostew­ind. Smiddae ná werk is dit ’n stil, koel uitspanple­k waar hulle graag ’n drankie geniet.

Lynette het ’n plan gehad om die ruimte te rek. “Ek het ingeboude banke met pakplek ontwerp. Dít kombineer ek met twee los rottangsto­ele, en nou is daar oorgenoeg sitplek met kussings wat danksy buite-materiaal oornag buite kan bly.”

Lynette se oplossing vir die lewelose mure was om heelwat groenighei­d in potte in te bring. “Dit gee lewe en skep die gevoel van ’n tuin. Boonop bespaar ’n mens heelwat water met potplante.”

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa