Tuis

Opsie 2 Verseël dit

-

As jy van die kleur van sement hou, kan jy eenvoudig ’n verseëlaar van goeie gehalte oor jou bestaande sementvloe­r aanwend, mits die afwerking glad genoeg is. Gina en Geoff Ross het Rust-Oleum Zinsser Bulls Eye 1-2-3 Water-Base Primer gebruik om die moderne afwerkings van hul Holly Woodkombui­s te komplement­eer; die produk kan binne en buite gebruik word. Oppervlakk­e hoef nie vooraf geskuur te word nie, en die verseëlaar tree op as skimmel- en mufbestand­e beskermlaa­g, wat dit perfek maak vir kombuise, badkamers en ander vertrekke wat aan vog blootgeste­l word.

“Dis eintlik ’n tydelike vloer!” sê Gina. “Die huis is splinternu­ut en ons wou sien of daar enige krake vorm voor ons die finale bolaag aanwend, wat baie soos dié een gaan lyk.” Vanaf R160/m2

1 uur per laag

 ??  ?? Koste Droogtyd Ons is dol oor die potrak wat Gina by haar oumagrootj­ie geërf het. Die koperwasba­k van Copper Bath is so reg in die mode-kol!
Koste Droogtyd Ons is dol oor die potrak wat Gina by haar oumagrootj­ie geërf het. Die koperwasba­k van Copper Bath is so reg in die mode-kol!

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa