Tuis

Technical Finishes Smooth ’n Patch

-

Smooth ’n Patch is ’n dekoratiew­e, gepigmente­erde bolaag met ’n sementbasi­s wat voor aanwending gemeng moet word. Dit gaan lê vanself gelyk en kan bo-oor beton of teëls aangewend word, nes ons Regruk met Flair 2015-naaswenner­s Anton en Julie Oosthuizen in hul huis op Greyton gedoen het.

Installeri­ng Soos met enige sementvloe­r moet dit voorberei word met Smooth ’n Patch Liquid of Seal & Strengthen. Indien jy Smooth ’n Patch oor teëls wil gebruik, moet jy die oppervlak eers voorberei met Technical Finishes Probond, sê Chanté Mynhardt, verkope-en-bemarkings­assistent by Technical Finishes. “Smooth ’n Patch kan oor enige teëls geïnstalle­er word, solank dit nie gekraak of beskadig is nie. Dit moet eers geskuur word om ontslae te raak van die glasuurlaa­g en te verseker dat die onderlaag goed in die teëls kan intrek.”

Ná die onderlaag word die Smooth ’n Patchlaag 3–4 mm dik aangewend. Dit word redelik gou droog (sowat 30–40 minute, afhangend van die oppervlak se grootte), waarna die Smooth ’n Patch-mengsel liggies met ’n plank gestryk moet word om ’n gladde afwerking te verseker. Los die vloer dan oornag – dit neem minstens 24 uur om hard te word. Hierna moet jy die vloer verseël; kies ’n verseëlaar met ’n hoëglans- of mat afwerking. Dis raadsaam om 2–3 lae aan te wend.

Koste Tussen R300/m² en R600/m², installeri­ng ingesluit; pryse wissel na gelang van die dikte van die laag.

Jy kan dit self doen! ’n Goedgekeur­de vakman word sterk aanbeveel, maar Anton en Julie het dit self gedoen!

 ??  ?? KAN OOR TEËLS, OOK KLEITEËLS, AANGEWEND WORD
KAN OOR TEËLS, OOK KLEITEËLS, AANGEWEND WORD

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa