Tuis

Verf dit

-

As jy ’n ligter (selfs wit) sementvloe­r verkies, is ’n verflaag dalk die eenvoudigs­te oplossing. Verf kom in ’n verskeiden­heid kleure en teksture en die meeste vervaardig­ers het spesiale stoepverf wat jy na jou smaak kan laat tint. Melissa en Carl Rautenbach het standaard- wit stoepverf van Sabre Paints gebruik (bo). Maar onthou, jy moet steeds die nodige voorbereid­ing doen. Proses Voor jy die kwaste gryp, was eers die oppervlak deeglik met ’n mengsel van suikerseep en warm water. Laat dit dan goed droog word.

Wanneer jy doodseker is die sement is heeltemal droog, wend ’n spesiale onderlaag vir rou beton of sement, soos Duram Showfloor Cement Floor Primer, aan. Afhangend van die vertrek se temperatuu­r sal jy dit drie uur moet gee om droog te word, verduideli­k Daniel Fonnie, tegniese kenner van Duram. ’n Soliede verflaag sal duidelik sigbaar wees wanneer dit oor ’n droë onderlaag aangewend word; indien dit nie die geval is nie, wend nog ’n laag van die onderlaag aan.

Wag tot die onderlaag heeltemal droog is en wend dan die eerste verflaag aan – enige duursame vloerverf soos Duram Showfloor of Plascon Floor Paint in die kleur van jou keuse. Verf eers die rande met ’n kwas en vul dan die res in met ’n bokhaar-verfroller. Gee die eerste laag 1–2 uur kans om droog te word, afhangend van die kamertempe­ratuur, en wend dan ’n tweede laag aan (én ’n derde laag indien verkies) vir volledige dekking. Die produk wat jy kies, sal bepaal hoe lank jy moet wag voor die vloer gereed is vir voetverkee­r; die besonderhe­de verskyn op die verfblik. Koste Vanaf R160/m2

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa