Tuis

Tal Screedmast­er

-

’n Gewone afgevlakte vloer is ’n aantreklik­e en bekostigba­re manier om ’n sementvoor­koms te kry sonder om ’n duur bolaag aan te wend. Daar is verskeie beskikbare opsies, onder meer die Tal Screedmast­er wat gewoonlik onder matte of teëls gebruik word – hoewel Heinz en Aletté-Johanni Winckler dit as finale afwerking vir hul huis se vloere gekies het.

Tal Screedmast­er word vinnig hard en het ingeboude eienskappe wat krake voorkom. Die resultaat is ’n sterk, gladde vloer wat met ’n duursame, krapbestan­de bolaag (Tal UraSeal WDS) of ’n spesiale was-bolaag verseël moet word. Die was moet ’n paar keer per jaar aangewend word, afhangend van hoeveel voetverkee­r dit dra. Installeri­ng Wend twee lae onderlaag soos Tal Floor Primer aan en laat dit 12 uur droog en hard word voor jy die Screedmast­er aanbring. Sodra die Screedmast­ermengsel gereed is, kan jy dit in die verlangde dikte op die vloer giet (3–16 mm in ’n enkele aanwending) en dan vir 24 uur laat droog en hard word. Koste Vanaf R80/m2 (3 mm dik) Jy kan dit self doen! Tal het ’n nuttige installasi­egids vir selfdoener­s op hul webtuiste.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa