Tuis

’n Ligter voorkoms

Ann van Niekerk van Lichtenbur­g in Noordwes skryf Ons sitkamer se mure en plafon is van hout, wat dit baie donker en outyds laat voel. Ek wil dit graag afwit; hoe doen ek dit?

-

Die Tuis-selfdoen medewerker Shelly Berg h

antwoord Skuur heel eerste die bestaande afwerking af tot jy die rou hout het. Dan stel ek voor jy gebruik Harlequin Paints Woodwash in Lime White om die afgewitte voorkoms te kry.

Gebruik ’n kwas en verf twee of drie planke parallel met mekaar op ’n slag, en slaan telkens ’n paar planke oor om te keer dat jou kwashale oorvleuel en onooglike merke veroorsaak. Wag tot dit droog is en verseël dit dan met Harlequin Paints se waterbasis De c orators Varnish.

Jy kan ook jou eie mengsel aanmaak – dis die perfekte manier om oorskietve­rf van ander projekte op te gebruik! So maak jy: meng een deel wit akrielverf soos Dulux Acrylic PVA of Plascon Polvin met 10 dele water. Toets die mengsel om seker te maak dis wit genoeg en meng nog verf by indien nodig. Onthou, jy gaan nie dieselfde gladde afwerking soos met die Harlequin-produk kry nie, want laasgenoem­de is soortgelyk aan ’n glanslaag. Verseël met ’n waterbasis­vernis wat nie vergeel nie, soos Woodoc WaterBorne Floor.

Andersins kan jy wit akrielverf meng met Plascon Waterbased Glazecoat (een deel akrielverf met 10 dele glansverf). Toets weer om seker te maak die mengsel is wit genoeg; meng nog verf by indien nodig. Wag tot dit droog is en wend nog ’n laag Glazecoat aan.

Jy kan ook die hout ’n soliede wit verf pleks van net afwit. Skuur die hout liggies, wend ’n onderlaag aan en dan twee lae wit waterbasis-emaljeverf; liggrys of enige ander pastelkleu­r sal ook lieflik lyk!

shellyberg­h@gmail.com >>

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa