Tuis

Besoek ons skoutuin by Garden World se Lentefees!

-

Aangespoor deur die begeerte om die daaglikse gejaag te ontsnap, met meer werk om te doen en minder tyd om net uit te span, is Tuis se skoutuin by die Garden Worldlente­fees in Johannesbu­rg die perfekte ruimte om jou batterye te herlaai en nuwe energie te kry.

Die tuin heet “De-stress hour” en is die handewerk van Asavela Yashe en Olaotse George Moletsane, junior dosente in ornamentel­e tuinbou aan Unisa. Dis ontwerp as ’n plek waar jy asem kan skep, al is dit net vir ’n uur.

Die tuin het ’n minimalist­iese gevoel, wat vrede en bepeinsing aanmoedig, en die plante is gekies vir die manier waarop hul kleur, tekstuur en vorm die vreedsame omgewing versterk.

Twee ovaalvormi­ge sitareas met leiklip-plaveisel en ’n wandelpaad­jie moedig besoekers aan om ’n blaaskans te neem. ’n Abstrakte muurskilde­ry bied visuele afleiding, terwyl die kalmerende klanke van ’n waterfokus­punt bydra tot die rustige gevoel van die tuin. “’n Kombinasie van sand, klippe en bamboes versterk die verbinding met die natuur,” sê Olaotse.

by Garden World se Lentefees ‘n Mooi tuin is die perfekte teenvoeter vir ‘n stresvolle leefstyl.

 ??  ?? 4 9 10 13 7 5 2 11 3 8 12 Plante in die Tuis-tuin is volgens waterbehoe­ftes gegroepeer: • Welige plante met groot blare, wat baie water vra, staan in skaduryke hoeke van die tuin sodat dit nie so vinnig water verloor nie. • Plante met gemiddelde...
4 9 10 13 7 5 2 11 3 8 12 Plante in die Tuis-tuin is volgens waterbehoe­ftes gegroepeer: • Welige plante met groot blare, wat baie water vra, staan in skaduryke hoeke van die tuin sodat dit nie so vinnig water verloor nie. • Plante met gemiddelde...
 ??  ?? Asavela Yashe en Olaotse George Moletsane
Asavela Yashe en Olaotse George Moletsane

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa