Tuis

Plante van die maand Blaarplant­e

Gebruik groen blaarplant­e vir ’n rustige gevoel in jou tuin.

- Deur Marié Esterhuyse • Foto’s Francois Oberholste­r Stilering Melissa Rautenbach

WWanneer ’n mens ’n bedding beplan, is jou eerste gedagte gewoonlik watter kleur blomme jy daar gaan plant. Maar, sê Helia Smit, tuinboukun­dige by Joostenber­gvlakte se Cape Garden, moenie van groen blaarplant­e vergeet nie. Dit het meer voordele as wat jy dink!

“Wanneer jy al die elemente van loof kombineer, gee dit ’n besonderse gevoel aan ’n tuin. Dit is beslis nie oninteress­ant nie en allesbehal­we onnodig. Groen het ’n kalmerende uitwerking op ’n mens en ’n bedding met loofplante van verskillen­de teksture, vorms en skakerings van groen kan lieflik wees!”

Volgens Helia speel groen ook ’n waardevoll­e rol in jou tuin. “Blaarplant­e en struike wat nie bladwissel­end is nie verskaf heeljaar ’n mooi prentjie, nie soos blomplante wat net vir ’n sekere tyd van die jaar kleur gee nie. Dit gee ook diepte aan jou tuin as jy groenighei­d van verskillen­de hoogtes kombineer, noodsaakli­ke tekstuurko­ntras as jy loofplante met groot blare gebruik en ook kleurkontr­as as jy dit met ander kleure kombineer.”

Idees en kombinasie­s

Helia stel die volgende voor: • Kies ’n verskeiden­heid loofplante, sommige met groot blare soos die geraamtepl­ant (Monstera deliciosa) of olifantsoo­r (Alocasia macrorrhiz­a), en ander met fyn blare soos die seweweeksv­aring (Rumohra adiantifor­mis), nooienshaa­rvaring (Adiantum raddianum) of Asparagus sin. Protaspara­gus densifloru­s ‘Sprengeri’. • Werk ook met langwerpig­e blare soos dié van die portaalpla­nt (Aspidistra elatior) of Liriope muscari ‘Evergeen Giant’, saam met groot, ronde blare soos dié van die Philodendr­on selloum of die geraamtepl­ant. • Kombineer Philodendr­on ‘Xanadu’ of wilderabar­ber (Acanthus mollis) se donkergroe­n blare met ’n ligter groen blaar soos die katstert (Asparagus densifloru­s ‘Meyersii’) en die seweweeksv­aring. Die kleurkontr­as is pragtig! >>

 ??  ?? Marié Esterhuyse Helia Smit
Marié Esterhuyse Helia Smit

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa