Wat’s nuut aan die dekorfront
BESIGHEID Pinda Furniture and Interior Design WIE Siyanda Mbele WAAR Umlazi, KwaZulu-Natal
SY WERK As kind het Siyanda Mbele gedroom van motorontwerper word, maar op die ou end het hy interieurontwerp aan die Durbanse Universiteit van Tegnologie (DUT) gaan studeer, en in 2013 het hy sy eerste meubelstuk by Design Indaba uitgestal. Siyanda, wat ook dosent in interieurontwerp by DUT is, sê: “Ek het besef ek moet iets minder tegnies en meer skeppends doen. Toe probeer ek grafiese ontwerp, wat my laat kennis maak het met interieurontwerp – iets waaroor ek dadelik dol was!” Sy treffende, eklektiese stukke is geïnspireer deur Ndebele-, Venda- en Zulu-motiewe. Sien meer by facebook.com/pindabysiyandambele.