Tuis

Ougoed of hougoed

-

’n Tafel en ’n stoel ...

Lionel Cason van KwaZulu-Natal skryf Ek is die trotse eienaar van ’n 74cm hoë naaldwerkt­afel en hoekstoel, albei van die Verenigde Koninkryk. Is dit enigiets werd?

Anton Welz van Stephan Welz & Co.

antwoord Die naaldwerkt­afel lyk of dit Victoriaan­s is; sulke items is nie skaars nie en is gereeld te koop op veilings. Die blad het okkerneuth­out-fineer, inlegwerk en ’n kruis-fineerrand, en as ek na die pote kyk, kom dit uit die laat-Victoriaan­se tydperk. Sulke tafels se toestand kan ’n probleem wees, want die deksels van die komparteme­nte in die laaie raak dikwels weg, maar joune lyk of dit volledig is.

OUDERDOM 19de eeu, waarskynli­k 1880–1890 WAARDE R2 500–R4 500 Dié stoel is Eduardiaan­s; dit kom uit die tydperk ná koningin Victoria se dood, toe meubels eenvoudige­r was en minder krulversie­rings gehad het. So ’n stoel op sy eie is nie baie waardevol nie, veral noudat die mark vir meubels uit die 19de eeu besonder flou is. OUDERDOM 1910 WAARDE R600–R900 KONTAK stephanwel­zandco.co.za

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa