Tuis

Vra vir JJ

-

Kattekwaad

Nadia Fourie van Durbanvill­e, Kaapstad, skryf Daar is ’n groot, sanderige area in ons voortuin, en die buurt se katte meen dis hul persoonlik­e sandput. Wat kan ek plant wat hulle sal weghou?

JJ antwoord Ek stel voor jy vul die area op met Plectranth­us-variëteite; die meeste is inheems en groei vinnig – en katte en honde hou niks daarvan nie!

Boom-bloutes

Hannalie Smith van Auckland Park skryf Ons het ’n groot jakarandab­oom met dik takke; dit het holtes waar water opgaar en dan daar bly lê. Ek is bang die nattigheid beskadig die boom; is daar iets waarmee ek dié holtes kan vul? Ons sukkel ook met termiete wat nesmaak teen die boom; kan jy iets daarvoor aanbeveel?

JJ antwoord Spuit kalkswael in die holtes en los dit vir 24 uur om droog te word. Die kalkswael sal alle insekte en swamspore doodmaak. Jy kan dit dan met ’n gewone sementmeng­sel opvul; dit sal nie die boom se groei belemmer nie, maar sal keer dat water daar opdam. Vir die termiete is Terminex die beste raad; breek die neste op en wend dit aan.

 ??  ?? KONTAK JJ van Rensburg is ’n tuinboukun­dige by Garden World in Johannesbu­rg; besoek gardenworl­d.co.za. >>
KONTAK JJ van Rensburg is ’n tuinboukun­dige by Garden World in Johannesbu­rg; besoek gardenworl­d.co.za. >>
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa