Tuis

’n Vriendin vertel sy gaan die Camino de Santiago stap; sy wou al lankal, maar sy moes eers spaar want sy wil nie in “backpacker­s” bly nie.

- redakteur@tuis.co.za

Nee, sy wil in ’n hotel slaap, al is dit net ’n bed met haar eie badkamer.

Uit ’n ander oord hoor ek die storie van ’n avontuurlu­stige ouma wat graag alleen reis – en sy bly juis in “backpacker­s”, want “in hotelle leer jy nie mense ken nie, en wat is dan die punt van reis?”

Self sit ek my nie teë as iemand ’n hotelkamer voor my neus swaai nie, maar ek het foto’s wat bewys ek skrik ook nie vir ’n kampvakans­ie nie. Dié vakansies was trouens van my lekkerstes nog – solank daar darem ook ’n tikkie weelde is. In my geval, in die dae van die tentvakans­ies, was my tikkie weelde ’n stuk skadunet wat op die grond vasgespyke­r is voor die tente en gazebo staangemaa­k is. ’n Mens wil darem nie heeldag stof onder jou voete hê nie …

Weelde is natuurlik relatief. As jy honger is, is ’n snytjie vars brood en regte botter (en as jy gelukkig is, grondboont­jiebotter) in my boekie koningskos. Nou die dag het Enid, ons een uitlegkuns­tenaar, met ’n vars brood hier by die kantoor ingestap en kort-kort het iemand kombuis toe geglip vir ’n snytjie van dié trooskos.

Vir iemand anders is die grootste bederf dalk ’n bord kerrie, of iets soets soos die oliebolle op bladsy 114, of as daar geen tekort aan geld is nie, ’n vyfgangmaa­l met goeie wyn in ’n ghrênd restaurant.

Maar vir Tuis-lesers, vermoed ek, is ’n sementvloe­r die kersie op die koek. Ek wag nog vir die mens wat nie van dié afwerking hou nie, en ons sien dit oral in die leserhuise wat ons afneem. En naas al die vrae oor verftegnie­ke wat ons kry, is vrae oor sementafwe­rkings loshande in die tweede plek.

Vandaar die omvattende artikel oor sementvloe­re op bladsy 56. Dit sal jou ’n goeie oorsig gee van wat jy by jou huis kan doen en hoeveel dit gaan kos. En, omdat ons weet Tuis-lesers “doen dit self”, het ons aangedui watter van die tegnieke jy met jou eie hande kan aanpak. Onthou net, dis op jou eie risiko. As die verskaffer­s sê dis beter dat ’n profession­ele installeer­der dit doen, moet jy dalk liewer elders spaar en die vloere aan die kenners oorlaat. Maar dis natuurlik jou besluit.

So gepraat van weelde: Ek het my verkyk aan die leserhuise. Ja, hulle is luuks, maar lees bietjie die goeie raad van die eienaars. Nie een van hulle skrik vir self inspring nie, soos Teresa Groenewald van Stellenbos­ch sê: “My hande het al baie hout geskuur …”

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa