Tuis

[CARLA OOR DEKOR]

-

Ondanks ’n eklektiese mengsel van erfstukke, versamelgo­ed, markvondst­e en vakansieko­pies het Carla se dekor ’n stylvolle, samehorige gevoel. Sy vertel hoe sy dit regkry en haar dekorpalet van swart en wit met spatsels metaalkleu­re laat werk:

• As ’n ding jou pla of nie werk nie, kleur of verf dit. Dit geld ook vir erfstukke, want jou dekor moet jóú storie vertel, nie iemand anders s’n nie.

• Dis makliker om met wit gestoffeer­de meubels saam te leef as wat dit lyk. Ons het drie honde, daarom is los oortreksel­s en ’n vlekverwyd­eraar vir rooiwynkol­le ’n moet.

• ’n Verskeiden­heid teksture – leer, linne, koper en geverfde hout – maak ’n neutrale palet soos myne interessan­ter.

• Ek hou van dramatiese kontras – soos die Persiese mat op die wit sementvloe­r in ons slaapkamer, of die moderne, geometries­e matte op die ou houtvloere.

• Glas, kristal, silwer en koper is ’n moet vir ’n bietjie glans. En ek is versot op spieëls. Dit staan oral rond – op my vloere, in die spens en sommer buite ook.

 ??  ?? Die en suite-badkamer by die hoofslaapk­amer is besonder lig, danksy groot dakvenster­s. VERSKAFFER­S Block & Chisel 021 691 0878, blockandch­isel.co.za Montana Deck Works 078 230 3774, montanadec­ks.co.za Weylandts 0860 103 400, weylandts.co.za
Die en suite-badkamer by die hoofslaapk­amer is besonder lig, danksy groot dakvenster­s. VERSKAFFER­S Block & Chisel 021 691 0878, blockandch­isel.co.za Montana Deck Works 078 230 3774, montanadec­ks.co.za Weylandts 0860 103 400, weylandts.co.za

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa