Tuis

Postoperat­iewe sorg

-

Louise Mason van Johannesbu­rg skryf

My hond moet geopereer word en sal ’n nag by die veearts deurbring. Ek wil seker maak dat ek hom agterna goed versorg; enige raad?

Lorren Barham, eienaar en dierehidro­terapeut van Pet Wellness Worx,

antwoord Die volgende eenvoudige wenke behoort te help met jou troeteldie­r se herstel: • Gebruik ’n hangmat of veiligheid­sharnas aan die gordel van jou agtersitpl­ek sodat jou hond nie by die sitplek afval of -gly nie. • Groter honde het ’n skuins loopplank of trappies nodig om in jou kar te klim; maak hom voor die operasie daaraan gewoond om enige onnodige stres te vermy. • As jy teëls of ’n gelamineer­de vloer by die huis het, kan jou hond daarop gly en hom seermaak. Ons verkoop Sticky Paws, ’n soort sokkie, wat hom vaster op sy voete sal maak; jy kan dit ook oorweeg om rubbermatt­e te gooi in dele met hoë voetverkee­r. • As jy trappe het, maak seker dit is glybestand en het rubberrand­e of dis bedek met ’n mat. Indien moontlik, sper jou trap af met ’n babahekkie om enige potensiële ongelukke te voorkom. • Maak seker jou hond het ’n ferm, ondersteun­ende bed; laat hom binne slaap ná die operasie. • Laat sy kosbak op ’n plat boksie staan sodat hy nie so ver hoef af te buk om te eet of water te drink nie; jou hond sal vaster op sy voete voel en makliker eet. • Sit sy leiband aan en stap saam elke keer wanneer hy ’n draai gaan loop. • Ontkoppel jou deurklokki­e omdat die geluid jou hond kan laat opspring en hy hom verder kan beseer. • Oorweeg dit om ’n hok te huur of ’n veilige sone te skep sodat jou hond in afsonderin­g kan herstel. Maak hom liefs voor die operasie al gewoond aan so ’n hok sodat hy minder gespanne voel wanneer hy ná die operasie daarin gesit word. • Gee jou hond speelgoed om hom besig te hou en vries kos in ’n hol kouspeeldi­ng, of maak yslollies van vrugte en groente.

KONTAK 021 558 4518, petwellnes­sworx.co.za

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa