Tuis

Beginjare

-

Peter se eerste stap nadat hulle hier ingetrek het, was om nog bome te plant – die res van die tuin is rondom hulle beplan. Waar die pragtige fontein vandag is, was destyds ’n groot pot omring met gras. “Ons wou die geluid van water in die tuin hê en ook paddas, insekte en voëls lok,” vertel Peter. Nou is dié fontein, met ’n paadjie van gruisklipp­ies rondom, die fokuspunt van die voortuin.

Met die ontwikkeli­ng van die tuin het hy verskeie klein ruimtes geskep wat ’n mens een na die ander ontdek wanneer jy deur die tuin stap. En omdat al die grensmure weggesteek is agter bome en struike, lyk die tuin groter as wat dit in werklikhei­d is.

“Ek het nooit ’n plan van die tuin geteken nie; ek kry maar ’n idee en voer dit uit. As dit nie uitwerk nie, probeer ek iets anders. Op die oomblik is ek besig om die tuin baie meer waterwys te maak en beplan ek om die stukkie gras wat ons het, ook uit te haal. In die plek daarvan wil ek nog geharde en waterwys plante insit, ’n paar olyfbome vir skaduwee plant, paadjies van gruisklipp­ies maak en metaalkuns en beeldhouwe­rke as fokuspunte byvoeg.”

Hoewel daar tans inheemse én uitheemse plante in Peter se beddings groei, fokus hy nou op inheemse plante. “Ek eksperimen­teer voortduren­d, en as ’n plant nie goed aard nie, skuif ek dit na ’n ander kol. Deur die jare het ek agtergekom die inheemse plante beloon jou die meeste en verg die minste aandag. Verlede somer, toe waterbeper­kings in die Wes-Kaap ingestel is, moes die plante vir hulself sorg. Die inheemse opsies het verreweg die beste gevaar.” >>

 ??  ?? [GUNSTELING­PLANT] Die geel speldekuss­ing is elke jaar oortrek met blomme.
[GUNSTELING­PLANT] Die geel speldekuss­ing is elke jaar oortrek met blomme.
 ??  ?? [GUNSTELING­PLANT] ’n Kiepersol (Cussoniasp­esie) met sy mooi vorm.
[GUNSTELING­PLANT] ’n Kiepersol (Cussoniasp­esie) met sy mooi vorm.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa