Monsteragtig! Geraamteplante
Monstera deliciosa
Die geraamteplant met sy reuseblare kom in tropiese reënwoude voor waar hy onderlangs in die donker groei totdat hy by ’n boomstam kom – en dan klim hy gemaklik hemelhoog daarteen op. Dit aard in half- tot volskaduwee en raak baie groot; maak dus seker daar is genoeg plek waar jy hom plant. Die plant dra wit blomme en vrugte, maar die vrugte moet ryp wees voor dit geëet word. Buiten die ryp vrug is die plant giftig. Geraamteplante is nie rypbestand nie.
As jy genoeg plek het, gebruik dit as huisplant, maar hou dit in toom. Die blinkgroen blare maak ’n mooi vertoning.