Tuis

Krui van die maand

-

Gebruik Oregano ‘Hot and Spicy’ vir ’n effense byt in die winter wanneer rissies skaars is.

Kweek dit so Oregano ‘Hot and Spicy’ is ’n immergroen, rypbestand­e grondbedek­kerkrui met ’n spreidende groeiwyse van 20 cm, perfek vir ’n houer. Dit het grysgroen ovaal, effens harige blare, en dra trossies wit blomme in die somer. Plant dit in volson in goed gedreineer­de, komposryke grond.

Verskillen­de soorte Ander ongewone variëteite is ‘Country Cream’, ’n grondbedek­ker met ovaal room-en-groen blare en klein pienk blomme; ‘Golden Upright’, ideaal vir houers of as kontraspla­nt, en die laaggroeie­nde ‘Golden Oregano’ met sy geel blare, wat ’n dekoratiew­e grondbedek­ker tussen ander kruie maak.

Wenk van die maand Snoei terug in die lente en verryk die grond met kompos om bosagtige nuwe groei aan te moedig.

Het jy geweet? Oregano ‘Hot and Spicy’ is ’n uitstekend­e metgeselpl­ant vir groente soos broccoli, kool, blomkool, komkommer en soetrissie­s omdat dit komkommer- en skorsiekew­ers weghou.

Algemene probleme Die stele kan houtagtig raak as die plant nie gereeld gesnoei word nie. Hoe meer jy daarvan pluk, hoe beter groei dit. Gebruike Dis ideaal vir pikante Meksikaans­e of Italiaanse geregte, vir die stadige gaarmaak van geregte met tamaties, olywe, knoffel en uie, asook bredies met bief, hoender en lam.

KONTAK healthyliv­ing-herbs.co.za

 ??  ?? Oregano ‘Hot and Spicy’
Oregano ‘Hot and Spicy’

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa