Tuis

Ken jou indringers

-

Elke maand wys ons ’n plant wat as ’n indringer verklaar is. Hou jou oë oop daarvoor in jou tuin en buurt. Wildetabak (Nicotiana glauca) is ’n immergroen struik of boompie met blougroen leeragtige blare (soms met ’n perserige tint) wat tot 6 m hoog kan groei. Buisvormig­e geel blomme verskyn deur die jaar aan hangende trosse. Dit dra bruin doosvrugte wat die klein saadjies bevat waardeur dié plant versprei. Indringers­tatus Dis ’n Kategorie 1b-indringer, wat beteken jy kan vervolg word as dit op jou eiendom groei. Hoekom is dit ’n probleem? Die plant ding mee met inheemse spesies en kan ná ’n oorstromin­g digte bosse langs waterlope vorm; dis veral ’n probleem in bewareas soos die Krugerwild­tuin. Die hele plant is giftig vir mak en wilde diere. KONTAK invasives.org.za

 ??  ?? Wildetabak
Wildetabak
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa