Tuis

Stoepplant van die maand

-

Fuchsia

As jy ’n stoepplant soek wat sonder ophou blom, oorweeg fuchsias (hoogstam- of potfuchsia­s). Dis maklike binnenshui­se plante wat hou van gefiltreer­de skaduwee. Hou die grond eweredig klam; die plant hou nie van nat voete nie. Voed met ’n kaliumryke vloeibare bemesting sodra dit oortrek is van knoppe. Verwyder dooie blomme, anders sal die plant saadkoppe maak en “vergeet” om te blom. In die lente sal fuchsias gedy buite op ’n skaduryke plek of iewers met oggendson. Fuchsias is rypsensiti­ef; bring dit weer binnetoe wanneer temperatur­e daal, en maak minder nat omdat die plant dormant raak. In rypvrye gebiede kan dit in die winter blom, en as dit in ’n beskutte tuin, stoep of binnehof staan, kan dit in kouer areas ook blom.

KONTAK plantimex.co.za

 ??  ?? Fucshia
Fucshia

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa